Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Wen ʼn studiebeurs met DZL en Gameways
Nuus

Wen ʼn studiebeurs met DZL en Gameways

Redaksiespan15 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die manne van die duo-groep DZL is bekend vir hulle liefde vir die natuur; as hulle nie ʼn olifant bystaan wat ʼn stropingspoging in Kenia oorleef het nie, is hulle besig om die publiek rakende die aanslag op Suid-Afrika se leeu-bevolking bewus te maak. Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie het nou hulle passie vir diere en die buitelewe ʼn stappie verder geneem deur hande te vat met Gameways om ʼn studiebeurs ter waarde van R19 500 beskikbaar te stel.

“Hierdie projek lê ons baie na aan die hart want nie net skep ons bewusmaking rondom die geleenthede binne die land se natuur- en toerismebedryf nie, ons gee ook vir iemand die geleentheid om sy of haar passie uit te leef en ʼn toekoms vir hulself te bou,” vertel Andries. “Die lewe is so negatief en baie mense is bekommerd oor hulle toekoms. Met hierdie projek wil ons veral jongmense wys dat daar soveel groei binne hierdie spesifieke bedryf is en dat hulle ʼn suksesvolle loopbaan hiervan kan maak.”

Een gelukkige persoon het die geleentheid om voltyds vir drie weke lank ʼn wildplaasbestuurkursus by Gameways saam met die DZL-manne by te woon. Gameways is bekend vir hulle omvattende en praktiese kursusse wat toekomstige wildplaasbestuurders voldoende opleiding gee in al die belangrike fasette waaruit wildplaasbestuur bestaan.

“Ons vind daar is ʼn groot leemte aan praktiese ondervinding onder nuut opgeleide wildplaasbestuurders sowel as nuwe plaaseienaars,” verduidelik Lourens van Coppenhagen, eienaar en direkteur van Gameways. “Tydens die kursus plaas ons klem op die praktiese sowel as teoretiese opleiding. Gameways se hoofdoelwit is om nuwe wildplaasbestuurders aan die mark beskikbaar te stel wat ervare, opgelei, vaardig, selfversekerd en verantwoordelik is.”

Die wildbedryf in Suid Afrika bied baie opwindende moontlikhede aan persone met die nodige kennis en liefde vir die natuur. Wildplase alleen beslaan ongeveer 25% van die grondoppervlakte van Suid-Afrika en elkeen van daardie plase benodig hardwerkende, passievolle wildplaasbestuurders met die nodige vaardighede en kennis. Terselfdertyd is daar vele ander beroepe wat swaar op die wildbedryf steun. Ekoloë, veeartse en veearts-assistente, veldgidse, professionele jagters, toergidse, teen-stropingspesialiste, gasvryheidbestuurders, wildvangers en taksidermiekundiges het almal een ding gemeen – liefde en respek vir die natuur en ʼn passie om dit te bewaar.

“Gameways se wildplaasbestuurskursus waarborg om jou uitkyk op die natuur vir altyd te verander. Hierdie kursus onderneem om elke student toe te rus met die nodige teoretiese kennis en praktiese vaardighede rakende die belangrikste aspekte van wildplaasbestuur.”

Gedurende die drie weke opleiding gaan die DZL-manne en die wenner onder andere meer leer oor wildvang, finansies, habitat, genetika, voeding, hoe om wild hans groot te maak, siektes, nadoodse ondersoeke en vele meer.

“Ons gaan ook vir drie weke lank hierdie kursus saam met die wenner bywoon en elke aspek van die teorie en praktiese gedeeltes ervaar,” voeg Wiaan by. “Ons het sommer al klaar begin oefen om ʼn geweer ordentlik te hanteer en gaan ʼn paar keer voor die kursus tyd op die skietbaan deurbring. Ons wil nie soos amateurs lyk nie,” lag hy.

Die wenbeurs sluit ook studiemateriaal, praktiese opleiding, voltydse verblyf, etes, uniforms en vele meer in. Diegene wat in aanmerking wil kom vir die studiebeurs kan ʼn e-pos aan bookings@dzlband.co.za stuur waarin jy motiveer hoekom jy die beurs wil wen. Persone wat inskryf moet beskikbaar wees om vanaf 5 tot 26 Januarie 2019 die kursus voltyds by te woon. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 7 Desember 2018 en die wenner word op 14 Desember 2018 aangekondig.

Hier is ʼn video van ʼn oorsig van die wildplaasbestuurkursus:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.