Atlantiseers se eerste enkelsnit, Desember my nou, vervoer jou onmiddellik na die strandhuis waar jy eintlik al heeljaar wou wees.
Nuus
’n Musiekvideo kan ’n liedjie maak of breek. Hier is vyf van ons gunsteling-musiekvideo’s wat dié jaar die lig gesien het.
Die Afrikaanse musiekbedryf het vanjaar verskeie juwele opgelewer – van Refentse se Liefdesgenerasie tot Die Kontrak se Demi Lee Moore!
Potte, die gewilde en bekroonde kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, se nuutste humoristiese treffer – in samewerking met die multi-bekroonde kletsrymlegende Jack Parow en vervaardiger Justin Vega.
Hierdie Desembervakansie het Na-Donker ook tonne opwindende gebeure op die kalender.
DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, het pas hulle nuwe enkelsnit en musiekvideo, My Afrika, bekendgestel.
Die donkerkop-sangeres, Mari Bosman, het onlangs haar nuwe enkelsnit, Man soos my Pa, bekendgestel. Nou is die musiekvideo daarvan ook hier.
Tydens die fotosessie van die Afrikaans is Groot-verjaarsdagkalender moes sommige van die kunstenaars wat betrokke is, hul vrese letterlik en figuurlik reguit in die oë staar met ietwat eksotiese reptiele wat as rekwisiete gebruik is.
Om ’n buitengewone jaar af te sluit het die musiekstroomdiens, Apple Music, pas hul beste van 2018 aangekondig.
Alhoewel VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidreeks, Die Kontrak, tot ’n einde gekom het, kan aanhangers van dié reeks vyf van die deelnemers vir oulaas weer saam op die verhoog sien.