FOTO: Verskaf
Deon Meiring het onlangs sy nuutste enkelsnit, Ek weet net nie, met ’n musiekvideo op YouTube bekendgestel.
“Dit is ’n liedjie oor herinneringe aan mense, plekke en tye wat om een of ander rede vergete geraak het, maar tog ’n blywende indruk gelaat het,” vertel Deon.
Die video vertel ’n storie van twee mense wat eens op ’n tyd deel was van mekaar se lewe, maar nou net herinneringe saam het. Die video is van die begin af entoesiasties ontvang en gedeel op sosiale media.
Sedert Januarie 2018 is Deon besig met sy ‘Maandeinde’-projek waar hy elke maand ’n nuwe liedjie skryf en dit aan die einde van die maand op YouTube bekendstel. Maandeinde se opnames is gestroop en eenvoudig. In Oktober het Deon egter besluit om, in plaas van Maandeinde, sy aanhangers te verras met dié nuwe enkelsnit.
Ek weet net nie is nou beskikbaar op alle musiekstromingsdienste.
Kyk die musiekvideo hier: