Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Afrikaans is Groot-kunstenaars staar vrese in oë met kalender
Nuus

Afrikaans is Groot-kunstenaars staar vrese in oë met kalender

Redaksiespan6 Desember 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Tydens die fotosessie van die Afrikaans is Groot-verjaarsdagkalender moes sommige van die kunstenaars wat betrokke is, hul vrese letterlik en figuurlik reguit in die oë staar met ietwat eksotiese reptiele wat as rekwisiete gebruik is.

Die pragtige Karlien van Jaarsveld is een van dié groot kunstenaars wat op die kalender pryk en ook wat ’n enorme fobie vir slange het.

Haar broer, Bobby, het op sy sosiale media ook met haar gespot daaroor en nie op hom laat wag om die slange vas te hou en te troetel nie – tot Karlien se ontsteltenis!

“Ek is regtig baie bang vir slange, dit is een van my grootste vrese. Ek was heeltyd op my senuwees op stel, maar ek moes toe maar my vrese in die gesig staar omdat ek geweet het hierdie is vir ’n goeie doel,” het sy laggend vertel.

Al die opbrengste van die kalender word aan Helpende Hand se #StopHonger-veldtog geskenk om seker te maak dat 8 000 behoeftige kleuters landwyd ’n gesonde bord kos het om te eet.

“Dit was verseker een van die mees interessante fotosessies waarby ek nog ooit betrokke was en ek is so trots om deel te kon wees daarvan want die eindproduk is so mooi,” het sy gesê.

Vir elke maand van die jaar is daar ’n ander kunstenaar teen ’n pragtige agtergrond en van hulle is waaghalsig met slange en selfs ’n baardakkedis!

Januarie: Bobby van Jaarsveld
Februarie: Monique Steyn
Maart: Jay
April: Karlien van Jaarsveld
Mei: Steve Hofmeyr
Junie: Die Heuwels Fantasties
Julie: Elvis Blue
Augustus: Corlea Botha
September: Dewald Wasserfall
Oktober: Bok van Blerk
November: Tarryn Lamb
Desember: Riana Nel

Die kalender is ’n unieke verjaarsdaggeskenk en die ideale Kersgeskenk vir iemand wat ’n liefde het vir Afrikaanse musiek.

Dié kalenders is by die Afrikaans is Groot-konserte, wat plaasvind in Maart 2019 in Kaapstad, beskikbaar, asook aanlyn op Maroela Media se e-winkel. Klik hier om die kalender aan te skaf.

WEN ’N AIG-KALENDER:

HIERDIE KOMPETISIE HET GESLUIT. DIE WENNERS IS JOHANNES KNOETSE EN LEANDRI VAN SITTERT.

 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.