Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»DZL se harte is stewig in Afrika gevestig
Nuus

DZL se harte is stewig in Afrika gevestig

Redaksiespan10 Desember 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Hulle mag dalk hulself ’n paar maande van die jaar in ander dele van die wêreld bevind het, maar Suid-Afrika se aantreklikste sangduo se harte is in Afrika en meer spesifiek – Suid-Afrika.

DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, het pas hulle nuwe enkelsnit en musiekvideo, My Afrika, bekendgestel.  

Dié enkelsnit is uit die pen van die skrywer, Rouxan Cloete, wat ook vir baie van die snitte op DZL se Realiteit album verantwoordelik is. My Afrika herhinner die luisteraar waarom Afrika altyd ons huis sal bly.

“My Afrika bevestig net dat ons elkeen iets het om aan vas te hou en dat ons moet dankbaar wees vir wat ons het. Al lyk dit soms nie baie nie, het ons genoeg. Ons het Afrika,” verduidelik Wiaan.

2018 was ’n moeilike jaar vir Suid-Afrika in baie opsigte en baie mense word met uitdagings soos die swak ekonomie, beurtkrag en moeilike huisomstandighede gekonfronteer. Hierdie en nog vele ander kwessies is genoeg om enige mens negatief in te stel of selfs te laat voel dat dit tyd is om jou tasse te pak en groener weivelde te soek.

“Ek dink jy gaan jok as jy sê jy word nie negatief deur hierdie uitdagings beïnvloed nie, maar ons moet onsself herinner aan die feit dat die Here groter is as die probleme wat ons land ondervind. Ons moet nog steeds met opgewondenheid aan nuwe geleenthede werk en weet daar is ’n belofte wat vir ons wag. Dis maklik om ons blind te staar teen daaglikse moeilikhede, maar as ons eerlik is weet ons, ons land is uniek en ons liefde vir Suid-Afrika en Afrika kan niemand van ons af wegneem nie,” sê Andries.

Die manne van DZL kan nie uitgepraat raak oor dit wat hulle van Afrika bekoor.

“Ons mooiste is die diereryk, die mensdom en die goedheid wat in ons kultuur, bos en samelewing vasgevang is.”

Die nuwe musiekvideo vervat ook van die mooiste Afrika-tonele wat mens sommer hoendervleis gee.

Kyk die musiekvideo hier:

 
“God se skepping is so verheerlik in hierdie video, jy kan dit sien wanneer diere beweeg, wanneer hulle hardloop en trek na groener vlaktes. In die video wys ons hoeveel diere jaarliks na nuwe gedeeltes trek. Selfs die plaas diere word aangejaag na nuwe en vars weiding. Die video is daarom simbolies dat daar hoop is en dat ons altyd iets het om aan vas te hou met die Here as ons rigtingwyser tydens moeilike tye,”verduidelik Andries.  

En wat hou die nuwe jaar vir DZL in? Hulle het onlangs hande gevat met Gameways om ’n studiebeurs ter waarde van R19 750 beskikbaar te stel.

LEES OOK: Wen ’n studiebeurs met DZL en Gameways

“Hierdie projek lê ons baie na aan die hart want nie net skep ons bewusmaking rondom die geleenthede binne die land se natuur- en toerismebedryf nie, ons gee ook vir iemand die geleentheid om sy of haar passie uit te leef en ʼn toekoms vir hulself te bou,” vertel Andries. “Die lewe is so negatief en baie mense is bekommerd oor hulle toekoms. Met hierdie projek wil ons veral jongmense wys dat daar soveel groei binne hierdie spesifieke bedryf is en dat hulle ʼn suksesvolle loopbaan hiervan kan maak.”

In Januarie gaan die gelukkige wenner voltyds vir drie weke lank ʼn wildplaasbestuurkursus by Gameways saam met die DZL-manne by te woon. Gameways is bekend vir hulle omvattende en praktiese kursusse wat toekomstige wildplaasbestuurders voldoende opleiding gee in al die belangrike fasette waaruit wildplaasbestuur bestaan. Gedurende die drie weke opleiding gaan die DZL-manne en die wenner onder andere meer leer oor wildvang, finansies, habitat, genetika, voeding, hoe om wild hans groot te maak, siektes, nadoodse ondersoeke en vele meer.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.