Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Suzzi Swanepoel: Stukkies Van My
Resensies

Suzzi Swanepoel: Stukkies Van My

Leoné Prinsloo2 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

David Gresham Records (2017)

[yasr_overall_rating]

Suzzi Swanepoel het soos ’n vars briesie oor die Suid-Afrikaanse musieklandskap kom waai met haar debuutalbum, Stukkies van my wat verlede maand vrygestel is. Sy het die afgelope drie jaar al reeds met verskeie enkelsnitte, Ek Probeer, EKO (Ek Kan Onthou) en Laaste Keer vanaf hierdie album in die publiek se harte ingekruip. Hierdie aktrise met ’n musiekteater agtergrond wat destyds bekendheid verwerf het toe sy die top-12 van Idols se vyfde seisoen gehaal het, was ook in die sepie, Binnelanders, die jeugdramareeks, Sterlopers en die film, Mooirivier te sien.

Stukkies van my is ’n versamelnaam vir al die liedjies wat tot dusver deel van Suzzi se loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf uitgemaak het en haar na aan die hart lê. Dié persoonlike album dien eintlik as ’n ode aan die vrou waardeur ten toon gestel word hoe sterk en braaf sy is sonder om haar weerloosheid en magteloosheid weg te steek of te probeer ontken. Dit word deur ’n baie sterk blues gedrewe ondertoon gekenmerk wat meesterlik met pop, rock en jazz elemente verweef is om ’n effens meer alternatiewe klank tot stand te kan bring. Die byderwetse album-omslag deur Ruan Coetzee met ’n pienk filter sowel as driehoeke en swane wat as deurlopende motiewe gebruik word, skep ’n alternatiewe, kunssinnige en poëtiese voorkoms.

Laaste keer is die nuutste enkelsnit vanaf hierdie album waarmee Suzzi vroue wil bemoedig dat dit nooit te laat is om op te staan en ’n lewensveranderende keuse te maak nie. Sy sorg vir ’n onoorwonne vokale kragtoer in Ek sal staan wat oorspronklik deur Amanda Strydom, Janine Neethling en Deon Opperman vir Sterlopers geskryf is. Sy beïndruk verder ook met die meesleurende lied, Asem wat oorspronklik deur Jaco Smit vir die Afrivisie-liedjieskryfkompetisie geskryf is. Ander potensiële treffers sluit in Ek Probeer, EKO (Ek Kan Onthou), Blou Sweeties en Man vir my. Dié album word op ’n hoogtepunt afgesluit deur Beste vriende, haar duet met die talentvolle Gerald Clark wat spesiaal deur Wouter van de Venter vir hulle geskryf is.

Verskeie gevestigde sowel as opkomende name in die plaaslike musiekbedryf het saamgespan om aan al die “stukkies van haar lewe” reg te kan laat geskied. Suzzi het onder andere saam met Marno van der Merwe, Bouwer Bosch, Divan Coetzer van Buuren en Zanandi Botha aan van die liedjies geskryf. Franco Prinsloo kan op klavier gehoor word terwyl Tiaan Erasmus en Gerald Clark vir van die meesterlike kitaarspel verantwoordelik is. Die meeste snitte is deur Alron Matthews van Brown Cow Productions vervaardig terwyl die finale meng deur Tim Rankin behartig is.

Stukkies van my beloof om met sy opwindende, nuwe klank nie net jou opinie van liefde en verhoudings nie, maar ook van Afrikaanse musiek vir altyd te verander. Suzzi slaag ongetwyfeld met haar unieke stem, alternatiewe styl en uitsonderlike vokale vermoëns daarin om ’n definitiewe nismark vir haarself oop te kerf. Hierdie emosiebelaaide album bied ’n gesonde balans tussen opgewekte, ritmiese liedjies en rustiger ballades waarby vroue van alle ouderdomme aanklank behoort te vind.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.