Suid-Afrikaanse radio-omroeper, akteur, stemkunstenaar en sanger-liedjieskrywer Francois van Rensburg slaan ’n nuwe musikale rigting in met sy jongste enkelsnit, “Onafgerond”.
Skrywer: Redaksiespan
Bekend vir treffers soos “Carina” en “Yskas Skuif”, is Danny Smoke terug met ’n splinternuwe liefdesliedjie wat beloof om luisteraars reguit terug te neem na die dansvloer. Sy nuwe enkelsnit, “Lyftaal”, is sopas uitgereik.
JACOBUS beleef ’n ware volronde oomblik met sy nuwe enkelsnit, “Probeer”, ’n emosionele duet saam met Demi Lee Moore. Van sy loopbaan se begin met haar liedjie “Mis Eet Slaap Herhaal” tot dié besonderse samewerking – ’n musikale droom wat nou werklikheid geword het.
Die Bosveld maak gereed vir een van die grootste kuiergeleenthede van die jaar wanneer DorpToe Naboomspruit op 15 Augustus 2026 die terrein van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong oorneem. Dié gewilde fees het hom reeds gevestig as veel meer as net nóg ’n musiekfees. DorpToe bring gesinne, vriende en besoekers van regoor Suid-Afrika bymekaar vir ’n dag propvol topklas Afrikaanse vermaak, heerlike kos, plaaslike ondernemings en die warm gasvryheid waarvoor die Bosveld bekend is. Met ’n indrukwekkende kunstenaarslys is daar geen tekort aan vermaak nie. Feesgangers kan uitsien na optredes deur Steve Hofmeyr, Adam Tas, Brendan Peyper, Early B, Leah,…
Twee van Afrikaans se mees unieke alternatiewe kunstenaars, Schwabie en Vreemd, slaan vir die eerste keer musikale hande saam met hul splinternuwe enkelsnit “Misdaad” – ’n samewerking wat niemand sien kom het nie, maar een wat van die eerste luister af sin maak. Die liedjie bring twee kunstenaars bymekaar wat reeds elkeen hul eie stempel op die plaaslike musiektoneel afgedruk het. Met “Misdaad” smelt hul onderskeie style saam om ’n vars, energieke klank te skep waarin eerlike lirieke, rou emosie en aansteeklike melodieë mekaar perfek aanvul. Die samewerking het egter amper heeltemal anders verloop. “Ek het vroeër hierdie jaar by…
Daar breek ’n nuwe seisoen aan vir Zaan Sonnekus. Ná ’n jaar van persoonlike groei, diep selfondersoek en ingrypende veranderinge, het die gewilde Afrikaanse kunstenaar sy splinternuwe enkelsnit, “Te Laat”, digitaal vrygestel – ’n liedjie wat waarskynlik sy mees eerlike en persoonlike werk tot dusver is. Aanhangers het onlangs opgemerk dat Zaan se ikoniese lang hare iets van die verlede is. Sy nuwe kort haarstyl is egter veel meer as net ’n kosmetiese verandering. Vir dié sanger simboliseer dit ’n doelbewuste nuwe begin en die afsluiting van ’n belangrike hoofstuk in sy lewe. Daardie tema van vernuwing en eerlikheid loop…
Wat gebeur wanneer vier van Afrikaans se gewildste kunstenaars saamspan vir ’n kragtige nuwe enkelsnit wat die hartsnare roer? Jy kry “Yippee-Ki-Yay” – Appel se splinternuwe enkelsnit saam met Ricus Nel, Riaan Benadé en Bok van Blerk. Dié samewerking bring vier unieke stemme bymekaar in ’n liedjie wat veel meer is as net ’n lekker saamsingliedjie is. “Yippee-Ki-Yay” is ’n eerlike liefdesbrief aan Suid-Afrika – ’n viering van geloof, familie, harde werk en die waardes waarmee soveel Suid-Afrikaners grootgeword het. Vir Appel was die inspirasie agter die liedjie baie persoonlik. “‘Yippee-Ki-Yay’ is vir my ’n brief uit my hart aan…
Ná byna ’n jaar sonder nuwe musiek is BCOM terug – en hulle maak hul terugkeer met ’n enkelsnit wat die toon aangee vir ’n splinternuwe hoofstuk. “Oogkontak” is die eerste vrystelling vanaf hul komende album, “Look Mom No Hands”, en beloof om aanhangers weer te herinner waarom dié groep se unieke klank so uitstaan. Die nuwe enkelsnit delf diep in die emosionele warboel van verhoudings wat jy reeds weet op die verkeerde pad is, maar waarvan jy eenvoudig nie kan wegstap nie. “Oogkontak gaan oor die innerlike konflik van ’n verhouding wat jy weet nie gaan werk nie, maar…
’n Opwindende nuwe hoofstuk breek aan vir die Afrikaanse musiekbedryf met die bekendstelling van Die TJAART! – Die Afrikaanse Musiek Chart Show, wat op Donderdag 6 Augustus 2026 om 19:00 sy première op YouTube maak. Vir die eerste keer kry Afrikaanse musiek ’n amptelike maandelikse treffersprogram wat die Top-20 grootste Afrikaanse liedjies in Suid-Afrika op grond van werklike luister- en kykgedrag rangskik. Dié program, aangebied deur Reandi Grey, bring nie net die grootste treffers na kykers nie, maar bied ook eksklusiewe inhoud, kunstenaarsgesprekke en die jongste nuus uit die plaaslike musiekbedryf. Wat Die TJAART! uniek maak, is dat die ranglys…
Die Afrikaanse sangeres Annelie is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat beslis nie ongemerk gaan verbygaan nie. Met “Gevaar” lewer sy ’n vars, energieke en speelse Afrikaanse pop- en sokkietreffer wat luisteraars sal laat saamsing, dans en dalk selfs hul eie “rooi vlag”-verhale laat onthou. Met sy aansteeklike ritme, sterk hook en vrolike energie wys “Gevaar” ’n nuwe, waaghalsige kant van Annelie. Die liedjie is ’n tong-in-die-kies kyk na daardie persoon wat jy weet moeilikheid gaan beteken, maar wat eenvoudig te onweerstaanbaar is om te ignoreer. “Ek was weer lus om ’n lekker saamsing-sokkie liedjie te skryf,” vertel Annelie. “Ek…