Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Dammit, jy gaan van Chris Steyn se nuwe liedjie hou!

Redaksiespan31 Julie 2026
FOTO: Hendri Fourie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Chris Steyn is terug met nóg ’n enkelsnit wat beloof om luidkeels saamgesing te word. Sy splinternuwe vrystelling, “Dammit Ek’s Lief Vir Jou”, is nou beskikbaar en wys ’n nuwe, meer energieke kant van die gewilde sanger. Met ’n stewige dosis rock, pakkende kitare en ’n refrein wat moeilik uit jou kop verdwyn, is dié liedjie gemaak vir oop paaie, feeste en harde saamsing.

“Dammit Ek’s Lief Vir Jou” is ’n speelse, eerlike liefdesliedjie wat handel oor daardie oomblik wanneer almal rondom jou weet jy het uiteindelik die regte persoon ontmoet – selfs voordat jy dit self heeltemal besef.

“So ‘Dammit Ek’s Lief Vir Jou’ is ’n fun song. Dit is ’n bietjie meer rock as wat my vorige liedjies was, maar ek dink dit gaan vir die mense baie cool wees,” sê Chris.

Vir die skryf van die liedjie het Chris kragte saamgesnoer met die gewilde sanger en liedjieskrywer Riaan Benadé en sy eie dromspeler, Ruben Radyn. Die drie het ’n liedjie geskep wat lig op die oor is, maar steeds ’n opregte boodskap dra.

“Dit gaan maar net daaroor dat al die mense wat om jou is en jou goed ken, sal weet wanneer jy die regte een meisie gekry het.”

Die enkelsnit volg op sy vorige vrystelling, “Ek Kom Jou Haal”, wat vroeër vanjaar goed deur aanhangers ontvang is. Hoewel Chris se kenmerkende styl steeds duidelik hoorbaar is, bring “Dammit Ek’s Lief Vir Jou” ’n vars rock-invloed wat sy musikale veelsydigheid verder beklemtoon.

“Ek hoop hulle gaan dit geniet. Soos ek gesê het, dit is ’n bietjie anders as die vorige liedjies.”

Saam met die enkelsnit word ook ’n energieke musiekvideo uitgereik. Die video, wat deur Eric T. Graham en Tehan Buys vervaardig is, vang die spontane energie van Chris en sy orkes perfek vas.

Die video is by die gewilde Weiveld Village in Pretoria op die skaatsbaan en padelbane verfilm en het ’n moderne, punk-geïnspireerde aanslag. Deur slim kamerawerk word die gevoel geskep dat die kyker saam met Chris en sy band deur die dag beweeg, amper asof die hele video vanuit ’n “point of view” (POV)-perspektief afspeel.

“Ek en die band het ’n fun tyd gehad toe ons die video geskiet het.”

Met “Dammit Ek’s Lief Vir Jou” bewys Chris Steyn weer waarom hy een van die opwindendste jong stemme in Afrikaanse musiek is. Die liedjie kombineer eerlike lirieke, aansteeklike energie en ’n vars rock-klank wat nuwe én bestaande aanhangers beslis gaan laat kopskud.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.