Hooffoto: Fathom Media Sharoney het die afgelope paar jaar haar plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte losgesing. Haar borrelende persoonlikheid en lekkerluister-popstem, is die perfekte pasmaats vir haar splinternuwe album, Skyn, wat eersdaags uitgereik word. Hierdie nuwe vrystelling, uit die pen van ADAM en Vaughan Gardiner, is vars en modern en bestaan hoofsaaklik uit opgewekte dansmusiek – met lirieke en wysies wat luisteraars vir lank sal bybly. Die titelsnit, Skyn, is ook die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album wat gedurende die week van 8 Mei 2017 vrygestel word. Dit is Hugo Ludik en Vaughan se handewerk en is nie…
Skrywer: Redaksiespan
Karlien van Jaarsveld se nuwe album, Sing Vir Liefde, is skaars ’n maand terug uitgereik, en dit het reeds 15 000 verkope verbygesteek om as goud geklassifiseer te word. Wat die prestasie nóg meer merkwaardig maak, is dat dit bereik is voor die tweede enkelsnit vanaf die album nog aan radiostasies gestuur is. Maar dis nie net die bewonderaars wat Karlien hoog aanskryf nie. Apple Music het besluit om hulle gewig agter die titelsnit se musiekvideo te sit en dit was vir agt weke eksklusief beskikbaar op Apple Music, en iTunes. Boonop was die stuur van die enkelsnit met die…
Kyk hier na Wolwe Dans se splinternuwe musiekvideo vir die liedjie Ek Het Jou Lief.
Willem Botha het Woensdagaand sy splinternuwe album, Soen & Vergeet, by Starbucks by Menlyn Maine bekend gestel. Johan C Venter het ingeloer. Kyk hier na al die foto’s.
Die sangeres, Karlien van Jaarsveld, is swanger met haar en die oud-rugbyspeler Joe Breytenbach se eerste kind. Sy het die blye nuus op haar Facebook-blad gedeel. “Ons is op die Amalfi-kus in Italië, dis asemrowend mooi hier – spesiale tye! Ek en Joe het gistraand baie gehad om te vier – ons het ‘n babatjie wat op pad is!!!! Ek kan nie glo dat ek wéér so bevoorreg en gelukkig kan wees nie. Dis nog ‘early days’, maar my hart loop oor van dankbaarheid,” het sy geskryf. Dié paartjie het in Maart vanjaar die knoop deurgehaak. Karlien het reeds twee…
Die immergewilde sanggroep, Romanz, gaan ná twee jaar terug keer na die verhoog vir een aand ten bate van Adam Barnard en ander. Adam Barnard, ’n lid van dié groep, lei aan permanente nierversaking. Dié groep het dit goed gedink om op 25 Julie wéér op te tree by die Moreleta Park Ouditorium in Pretoria, om te help met die Adam en ander se mediese uitgawes. Konsertgangers kan uitsien na van hul grootste treffers tot dusver. Kaartjies vir die konsert is reeds beskikbaar by iTickets en wissel tussen R10 en R120. Daar is ook ’n aantal gratis plekke beskikbaar. Luister…
Die Vrystaat Kunstefees, wat vanjaar vanaf 16 tot 22 Julie in Bloemfontein aangebied word, beloof weer musiek vir elke oor. Die program sluit onder meer kunstenaar soos Laurika Rauch, Elvis Blue, en selfs Die Radio Kalahari Orkes in. Laurika Rauch en Loki Rothman: Blou 19 Julie | 20:30 | R140 Sand du Plessis Teater Klik hier vir kaartjies Laurika en Loki se samewerking op die verhoog, het met die herskepping van Laurika se ikoniese treffer, Blou – as ’n duet vir haar nuutste album – Die Reis, begin. Die opname en video van die liedjie, doen tans buitengewoon goed op…
Gryp jou cowboy-hoed en maak reg vir die grootste country-makietie van die jaar. Vanjaar se Bakgat Country Opskop sal op Sondag, 4 Junie in die GrandWest Grand Arena plaasvind. Soos oudergewoonte, sal van die land se gunstelling country-sangers te sien wees. Die legendes Tommy Dell, Lance James, Matt Hurter en Dennis East sal almal optree. Dan is daar ook Steve Hofmeyr, Elizma Theron, Ricus Nel, Manie Jackson, Leah, Pieter Mohr en Die Broers asook die nuweling Elandre Schwartz wat tans sy debuut-album opneem, nadat hy op Bok Radio ’n naam vir homself gemaak het. Met treffers soos Teddy Bear en…
Vroeër dié week het die radiostasie Jacaranda FM bespiegel of die sangeres Riana Nel weer swanger is, nadat die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss ’n kiekie op haar Instagram-profiel gedeel het. In dié foto kan duidelik gesien word hoe Riana haar maag vashou. Die vraag op almal se lippe, was egter: “Is Riana weer swanger?” Terwyl Riana niks op sosiale media laat glip het nie, en haar woordvoerders nie ’n woord wou rep nie is die antwoord uiteindelik uit! Volgens die Mei-uitgawe van kykNET se Digityd is Riana Nel wel swanger. In ’n glansblad wat spesiaal vir die Ghoema-toekennings geskep…