Vyf van Suid-Afrika se grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf het saamgewerk aan ’n splinternuwe liedjie, Die Land, wat Suid-Afrikaners se harte trots gaan laat klop oor dié land – maar ook gaan los met ’n paar intense vrae.
Nuus
Daar kom ’n oomblik wanneer ’n talent wat deurgaans van krag tot krag gegroei het in volkleur blom. Vir Refentse het daardie oomblik aangebreek, met sy blinknuwe album, Liefdegenerasie.
Johan Vorster en Christoph Kotzé het kragte saamgesnoer en Die Gelofte vir die eerste keer getoonset in Afrikaans.
“’n Duisend Keuses is ’n baie persoonlike liedjie, wat my herinner waarom ek verlief geraak het op sing en hoe dit my inspireer en laat voel,” vertel Samantha Leonard oor haar eerste snit.
Sterrewals, ’n hoendervleismooi nostalgiese liefdesballade is die eerste liedjie wat Len Muller saam met die liefde van sy lewe en vrou, Chanél, geskryf het.
Die voormalige hoofsanger van die dinamiese, skreeusnaakse groep DJ Ossewa, Pieter Rischmüller, oftewel Piet Pompies, met die bruin bolhoed, het in 2014 besluit om sy vlerke te sprei.
Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon sal word, skop dié maand op die Afrikaanse leefstylkanaal af.
Die Klipwerf Orkes is terug met ’n splinternuwe album, 50 Jaar se Hoogtepunte, en dié album, wat pas vrygestel is, het reeds goue status bereik.
Die opgewekte, voetstamplekker wysie en vrolike lirieke van die sangeres Taye Brink se nuwe liedjie, Wat As, gaan beslis binnekort ’n gunsteling wees op al wat ’n partytjie en dansvloer is.
Hugo Nieuwoudt se nuwe snit Net Soos Die Sneeu handel oor ’n man wat steeds vasklou aan die belofte, wat sy Pa aan hom as seuntjie gemaak het; dat hy sal terugkeer na die oorlog.