Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Hugo Nieuwoudt reik treffende nuwe snit uit
Nuus

Hugo Nieuwoudt reik treffende nuwe snit uit

Redaksiespan22 Augustus 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

“Net soos die sneeu weer op die berge sal lê, is my verwagting dat jy my sal sê; sien ons weer môre, sien ons dan weer, en dit is al wat ek vandag in hierdie hart begeer…” weergalm die treffende refrein van Hugo Nieuwoudt se nuwe enkelsnit, Net Soos Die Sneeu, wat pas vrygestel is.

“Net Soos Die Sneeu handel oor ’n man wat steeds vasklou aan die belofte, wat sy Pa aan hom as seuntjie gemaak het; dat hy sal terugkeer na die oorlog. ’n Klein seuntjie, wie se pa op die dag van sy vertrek na die oorlog, voor hom in die sneeu kniel, en met trane in sy oë’n pinky promise aan hom maak dat hy sal terugkeer na die oorlog, wat dan nooit gebeur nie,” vertel Hugo oor dié Afrikaanse pop/kontemporêre snit uit die pen van Werner Beukes.

Hugo hoop dat die publiek die snit goed sal ontvang, aangesien die publiek vra vir goeie lirieke en melodie lyne, iets wat Net Soos Die Sneeu beslis bied. Hugo brei uit: “Dis nuut, vars, ritmies en ’n vreeslik mooi hartsliedjie wat storie vertel. Ek het die liedjie onlangs getoets by die Innibos Fees en wat my geraak het, was die doodse stilte vir ’n sekonde of twee, na die liedjie gestop en dan die applous wat gevolg het. Dit was vir my’n teken dat die mense daarvan hou. Mense soek liedjies waarmee hulle kan assosieer of iets met betekenis. ’n Liedjie met ’n storie.”

Luister hier na ’n voorskou:

https://afrmusieknuus.co.za/wp-content/uploads/2018/08/Net-Soos-Die-Sneeu-Hugo-Nieuwoudt-MP3-AudioTrimmer.com-1.mp3

 

Volgens Hugo lê die snit hom na aan die hart, omdat hy self pa is van twee seuns. “Die lirieke en melodie lyn is so mooi en sterk, veral die groei van die liedjie na die einde, dat ek dadelik ’n aanvoeling vir die liedjie gekry het. Dit het met my siel gepraat.”

Daar is ook ’n musiekvideo in die pyplyn, maar hieroor wil Hugo nog niks verklap nie. “Ons is nog druk besigmet ’n hartroerende storielyn,” verklap hy. Die musiekvideo sal later in September uitgereik word.

Intussen kan aanhangers solank na hul sneusdoekies gryp want jy gaan verseker ’n traan of twee pink wanneer jy na Hugo se nuwe snit luister.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.