Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Len Muller en vrou pen mooiste liefdeslied
Nuus

Len Muller en vrou pen mooiste liefdeslied

Redaksiespan4 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

“Ek het jou geken voor ons ontmoet het. Die kleur van jou oë die klank van jou lag. Jy het my geken met al my letsels, maar ek was genoeg vir jou en jy ook vir my,” is lirieke uit sanger en liedjieskrywer, Len Muller, se nuutste enkelsnit, Sterrewals.

Hierdie hoendervleismooi nostalgiese liefdesballade is die eerste liedjie wat hy saam met die liefde van sy lewe en vrou, Chanél, geskryf het nadat hulle getroud is en is beslis iets waarby oud en jonk gaan aanklank vind.

“Dit is ’n nostalgiese liefdesballade, wat geskryf is uit die oogpunt van ’n bejaarde man wat terug kyk op sy lewe. Drome word nie altyd waar nie, veral as jy nie doelbewus werk daarvoor nie en ek dink dié lied wil vir my en die mense wat daarna luister uitdaag om doelbewus te lewe en nie toe te laat dat tyd sommer net verbygaan nie,” verduidelik die blondekopster oor die betekenis agter sy nuutste treffer.

Luister hier na ’n voorskou:

“Ek dink die snit het ook ’n mooi boodskap, omdat die paartjie eintlik vir mekaar sê dat hulle genoeg is vir mekaar, ten spyte daarvan dat hulle planne nie uitgewerk het.”

Sterrewals is die nuutste vrystelling vanaf sy tweede album, Oog Van Die Storm, wat in 2017 uitgereik is. Die album kan beskryf word as Afrikaans-Akoesties en sluit die klanke van al dié musikant se gunstelinginstrumente in – van die banjo en mondfluitjie tot die tjello en akoestiese kitaar.

Dié album het verskeie radio- en televisietreffers opgelewer, waaronder die goedvoel-liedjie Ek Glo, wat ongelooflik goed ontvang en het verskeie weke op die nommer een posisie van verskeie treffersparades gekuier.  Sing vir Sente, die tweede lied wat hy saam met Faraway George geskryf het en ook die tweede enkelsnit vanaf dit album, is in Junie 2017 uitgereik en kan steeds gereeld oor die radio gehoor word.

Vrede, wat in Maart 2018 bekendgestel is, is ook die temalied van die gewilde kykNET sitkom, Mense Mense, waarvan die musiekvideo op die dak van MultiChoice City verfilm is. Dit is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

Len se debuutalbum, Doodgewone Avontuur, wat in 2015 uitgereik is, het hom amptelik aan die musiekbedryf bekendgestel en heelwat treffers en benoemings (Ghoema- en Tempo-benoemings vir Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar) opgelewer. Sedertdien het hierdie blondekopsangsensasie ’n prominente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers. Hy is veral bekend vir die gewilde duet,Vir Die Een Wat Geval Het, wat hy saam met Joshua na die Reën vrygestel het en Smag na Jou, wat gebruik op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas.

Oor die afgelope paar jaar het Len nie net die verhoog met groot name soos Matthew Mole, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Dans Dans Lisa, Chris Chameleon, Jak de Priester, Andriëtte Norman, Dan Patlansky en Kaleidoskoop gedeel nie, maar homself ook gevestig as liedjieskrywer.

Sterrewals is die perfekte pasmaat vir Len Muller se strelende storievertellerstem en beloof om nie net die harte en ore van aanhangers te verower nie, maar ook die kritieste oor tevrede te stel.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.