Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»‘Die Gelofte’ vir die eerste keer in Afrikaans getoonset
Nuus

‘Die Gelofte’ vir die eerste keer in Afrikaans getoonset

Redaksiespan13 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Johan Vorster en Christoph Kotzé het kragte saamgesnoer en Die Gelofte vir die eerste keer getoonset in Afrikaans.

Dié treffende lied word uitgevoer deur Chris Chameleon, Adam Tas, Appel, Ghapi en Juan Boucher. Die musiekvideo vir hierdie lied wat deur Forum Films vervaardig word sal ook eersdaags bekendgestel word.

Die Gelofte is ’n spesiale eed wat op 16 Desember 1838 deur die Voortrekkers (Sarel Cilliers) afgelê is voor die Slag van Bloedrivier. Dit is afgelê by Wasbankspruit wat so genoem was omdat die Voortrekkers hulle wasgoed daar gewas het. Sedertdien word Geloftedienste en -feeste jaarliks gereël om die gebeure te herdenk.

Die Gelofte is elke dag vir sewe dae vanaf 9 Desember 1838 tot en met 15 Desember 1838 afgelê, waarna God op ’n wonderbaarlike wyse uitkoms verleen het aan die Voortrekkers op 16 Desember 1838, tydens die Slag van Bloedrivier.

Die oorspronklike Nederlandse bewoording van Die Gelofte lui as volg:

Mijne broeders en medegenoten,

Hier staan wij tans op een ogenblik voor een

heilige God van hemel en aarde om een belofte

aan Hem te beloven, als Hij Zijn bescherming met

ons zal wezen, en ons vijand in onze handen sal

geven, dat wij hem oorwinnen, dat wij die dag

en datum elke jaar als een verjaardag en een

dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer sal

doorbrengen en dat wij een tempel tot Zijn eer

stichten sal, waar het Hem sou behagen en dat

wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij

met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook

voor onze opkomende geslachten, want de eer

van Zijn Naam zal daardoor verheerlikt worden,

dat de roem en eer van overwinning aan Hem

sal worden gegeven. Amen.

’n Afrikaanse vertaling hiervan:

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ’n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag soos ’n Sabbat sal deurbring; en dat ons ’n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.