Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Pieter Rischmüller verras weer met nuwe album
Nuus

Pieter Rischmüller verras weer met nuwe album

Redaksiespan4 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die voormalige hoofsanger van die dinamiese, skreeusnaakse groep DJ Ossewa, Pieter Rischmüller, oftewel Piet Pompies, met die bruin bolhoed, het in 2014 besluit om sy vlerke te sprei.

Hy het nuwe horisonne ontdek, nuwe avonture beleef, die wêreld aan die brand gesing, en gehore vermaak met sy voet-stamp, polsende, lyfswaai liedjies en spitsvondige, sprankelende verhoogpersoonlikheid.

Piet Pompies is nie net ’n sanger, liedjieskrywer, radiopersoonlikheid en grapkas nie, maar ook ’n uitmuntende afslaer en seremoniemeester vir alle geleenthede, boonop ’n kranige golfer ook. Hy het sy debuut as radio-aanbieder in 1996 gemaak en later ook sport kommentator, voordat hy die musiekbedryf die stryd aangesê het saam met die groep, DJ Ossewa.

In 2014 het Piet Pompies besluit om die wêreld te verower op eie stoom, met liedjies soos Briljantjie, Lyf is soos ’n lovesong, Fynbos, Strawberry Vrou, Engeltjie, Hard to get, en Hoop. Sy eerste solo album, wat Solo heet, het in Oktober 2014 die lig gesien, en word op verskeie radiostasies reg oor die land gespeel. Sy Engelse liedjies Show me more en 3 Words word ook op radiostasies in Amerika en Australië gespeel.

Sy nuwe album wat onlangs vrygestel is onder sy regte naam, Pieter Rischmüller, beloof weer eens vars nuwe treffers. Kyk gerus uit vir nuwe liedjies soos Bring net jou sussie saam, My Harlekyn, Somertyd, Opsoek na jou, Goodbye is net vir nou, Supercalifragilistic, Kliphard vir jou geval, Kry jou Halfpad, Dis my Nommer, en vele meer.

In sy 22 jaar in die vermaaklikheidbedryf het hy al vele gewilde liedjies geskryf, en met sy nuwe album gaan hy weer verras met nog kopskuif gunstelinge. Die album is nou landwyd asook digitaal op iTunes, Spotify en Deezer beskikbaar.

Luister My Harlekyn op Apple Music hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.