Musiek Soos Grond is die heel eerste van sy soort in die land en gaan sorg vir ’n musiekervaring wat jy beslis nie wil misloop nie.
Nuus
Die sanger Snotkop en vier van sy vriende – Juanita du Plessis, Jay, Early B en Kurt Darren – gaan op Sondag, 31 Maart die Sun Arena in Pretoria se dak lig vir die Snotkop & Vriende konsert.
Diegene wat goeie gehalte Afrikaanse musiek waardeer kan hulself regmaak vir ’n nuwe gunsteling in die bedryf. Rita Li van Centurion in Pretoria se eerste enkelsnit, Logiese Liefde, vanaf haar kortspeler Inkleurboek, is pas vrygestel.
Die sangeres Corlea Botha het verlede week ’n foto van haar met ’n blou oog en stukkende lip op sosiale media gedeel en talle aanhangers met onbeantwoorde vrae gelaat.
Jauni M se country-popsnit met ’n rock-ondertoon, Niemand Anders, is in September verlede jaar vrygestel en dié liedjie met die lekker ritme wat perfek pas by haar unieke stem se musiekvideo is ook pas bekendgestel!
Jacobus Silwer en die liefdadigheidsorganisasie, ENGO waarvan hy ’n ambassadeur is, is tans op almal se lippe nadat hy onlangs ’n treffende nuwe enkelsnit uitgereik het wat geïnspireer is deur dié organisasie se doel om hoop en lig in die donker te wees.
René du Preez, ’n motiveringspreker en finansiële adviseur by Attooh!, se jongste episode van haar gewilde Facebook-videowebreeks Dis Okay met René is onlangs vrygestel. En niemand anders as Die Kontrak se diva, Demi Lee Moore, het as gas by René aangeluit.
Die veelsydige en talentvolle Almero het pas ’n Ghoema-nominasie in die kategorie Beste Alternatiewe Album ontvang en stel ook nou sy derde enkelsnit, getiteld, Donnerse Lag, bekend.
Liezel Pieters het haarself vining in die musiekbedryf gevestig as een van Suid-Afrika se beste vroulike kunstenaars in Afrikaans.
“Ek maak vir my ’n koppie Vyf Rose-tee, met een suiker en melk, en daar gaan die ligte af want dis weer beurtkrag. In die donker besef ek dat daar nog net 20% selfoonbatterykrag oor is.”