Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Almero stel derde enkelsnit bekend

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Die veelsydige en talentvolle Almero het pas ’n Ghoema-nominasie in die kategorie Beste Alternatiewe Album ontvang en stel ook nou sy derde enkelsnit, getiteld, Donnerse Lag, bekend.

Almero vertel dat Donnerse Lag die laaste snit is wat hulle opgeneem en gefinaliseer het vir sy album. Hy en sy broer, Nico, het lank gewerk aan die lied en toe vir Ruan Graaff nader getrek om ook te help om die lied te vervaardig. Hy het aanvanklik net die kitare opgeneem vir die snit, maar het later ook met die vervaardiging gehelp.

“Die proses was vir my baie anders as die ander snitte op die album. Ons het grootendeels eers die musiek afgehandel en toe het ek gewerk aan die melodieë en lirieke,” sê Almero.

“Die lied handel oor die afgelope drie jaar in my en my broer se lewe, waar ons finansieël sukkel om ons voete te vind in die kunste-wêreld waarvan ons deel wil wees. Die liedjie is dalk effens belaai met woede, maar meestal frustrasie oor die feit dat ’n mens soms voel of niks uitwerk nie. Ek het lank gewonder of God nie al moeg geluister is na my gekerm oor die swaar tye in my lewe nie. En as dit so swaar gaan, dan is daar niks wat ’n mens so jaloers maak soos iemand wat heeldag glimlag nie,” sê Almero. “Die lied bestaan dus uit oomblikke van ‘cries for help’ en dan die bewuswording van die gepaardgaande gevoel van selfsug.”

Die musiekvervaardiging is uiteindelik behartig deur Almero, Nico Welgemoed en Ruan Graaff. Peach van Pletzen het die opnames gedoen en ook meester en klank vermenging behartig. Dit was ’n lekker en gemaklike proses, maar nie sonder uitdagings nie.

“Die sang was van die moeilikste dele op die album om te sing, maar Peach van Pletzen het my gemaklik gemaak om sonder skaamte te skree in die mikrofoon in. Dit is ook spesiaal omdat my broer help skryf het aan die melodieë en lirieke, meer as gewoonlik,” voeg Almero by.

Die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook vandag bekendgestel. Die video is geskiet tussen Parys en Potchefstroom asook in Potch self. Almero se broer, Nico Welgemoed, het die video se verfilming en vervaardiging behartig.

“My broer is ‘n videografiese genie,” vertel Almero

Kyk die video hier:

Donnerse Lag verskyn ook op Almero se album, Maandag, wat uitgereik is deur Kanada Records en is beskikbaar op alle digitale platforms.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.