Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Demi Lee Moore deel haar storie van hoop met René du Preez

FOTO: Skermgreep uit die video

René du Preez, ’n motiveringspreker en finansiële adviseur by Attooh!, se jongste episode van haar gewilde Facebook-videowebreeks Dis Okay met René is onlangs vrygestel. En niemand anders as Die Kontrak se diva, Demi Lee Moore, het as gas by René aangeluit.

In dié video, wat al meer as 25 000 keer gekyk is en deur meer as 300 keer gedeel is sedert dit vrygestel is op 1 Maart, deel Demi Lee haar storie van hoop.

Demi Lee sê dat haar ma en haar suster haar grootste steunpilare is. “Van dag een af wat ek begin sing het was my ma en suster daar,” vertel Demi Lee.

Sy vertel ook van die op-en-af rit en deur wat een vir een toegegaan het vir haar asook die soet sukses wat Die Kontrak vir haar opgelewer het.

Kykers van dié episode kan nie uitgepraat raak oor Demi Lee se storie nie en is vol lof.

“Dit was so inspirerend. Baie dankie, julle het ons soveel hoop gegee,” skryf Amanda Venter.

Gerda van Rensburg skryf op haar beurt: “Wow! Demi Lee wat ’n storie van hoop!”

Kyk die episode hier: