FOTO: Skermgreep uit die musiekvideo
Die sangeres Corlea Botha het verlede week ’n foto van haar met ’n blou oog en stukkende lip op sosiale media gedeel en talle aanhangers met onbeantwoorde vrae gelaat. En nou is daardie antwoorde uiteindelik benatwoord!
“Ek en my besigheidsvennoot, Elzaan van der Merwe van Mamilla Fashions, het so drie jaar terug om ’n tafel gesit met ’n koppie koffie en gepraat oor die dinge van die lewe en oor dinge wat vir ons as vrouens belangrik is,” vertel Corlea in ’n regstreekse Facebook-video.
Volgens Corlea wou sy ’n projek aanpak wat meer lewens kan verreik en meer vrouens in die land kan help. “In 1985 het Lionel Richie en Michael Jackson ’n lied geskryf met die naam We are the world. Hulle het ’n lied geskep om bewusmaking te maak van die hongersnood in Afrika en talle kunstenaars het hulle stemme by die projek gevoeg. En so het mense gehoor van die probleem,” verduidelik Corlea.
“Hulle het nie net stemme en musiek by ’n probleem geplaas sodat mense kan hoor waaroor dit gaan nie, maar hulle het mense ook die opsie gegee om deel te word, om ’n verskil te maak en hul fondse te wend om die hongersnood in Afrika te kan verlig.”
Dís presies wat Corlea met haar nuwe enkelsnit, Bittersoet, wat sy vir die eerste keer by 2018 se Afrikaans is Groot-konserte gesing het en vanaf 15 tot 17 Maart by die Afrikaans is Groot-konserte in Kaapstad gaan sing wou doen.
Bittersoet – die genadesak projek word by Afrikaans is Groot in Kaapstad geloods. “Die probleem wat ek tekkel is domestic violence en domestic abuse. En omdat ek self deur dit gegaan het, het ek gevoel dat ek kan vereenselwig met die vrouens daarbuite, wat dit ervaar of ervaar het.”
Corlea sê dat baie van die vroue wat uitstap uit só ’n verhouding nie finansiële hulp het nie en selfs geen heenkome en dat baie van hierdie vroue dan op straat is en dan na prostutisie moet draai om hulself te kan voed.
“Dames as julle kan dink aan wat julle elke dag gebruik, nie net om jou vroulikheid te vier nie, maar wat ons noodsaaklik het elke dag. Daar’s soveel vrouens wat dit nie het nie.”
Bittersoet – die genadesak projek, wat by Afrikaans is Groot in Kaapstad, geloods word is dus ’n ‘uitdaging vir dames’.
Kyk die musiekvideo vir Bittersoet hier:
Indien jy ’n ou handsak of sak by die huis het wat jy nie meer gebruik, bring hom saam na die konsert. Vul dit met sanitêre produkte, toiletware, grimering, haarprodukte, lekker ruik goed – enigiets wat jy op ’n daaglikse basis gebruik om jou vroulikheid te vier en wat jy nodig het elke dag.
Jy kan die sak of handsak in die houers in die arena afgee, waarna Corlea en haar span dit gaan skenk aan vroue wat dit werklik nodig het, regoor die land.
“Ek gaan die heel eerste handsak in die houer plaas. Ek wil ’n beroep op elkeen doen. Maak jul harte oop, vat saam met my hande en kom ons maak ’n verskil in die land,” moedig Corlea aan.