Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Krone 6 nóg groter in Kaapstad en Pretoria

FOTO: Verskaf

Jou gunsteling saamsing jol, Krone 6 gaan nóg groter wees in Augustus 2019, waar jou gunsteling musieksterre een verhoog deel en jy die kans kry om uit volle bors saam te sing.

Kapenaars word eerste bederf met twee Krone 6-vertonings op Saterdag, 3 Augustus en Sondag, 4 Augustus 2019 en kort daarna word die gehoor van Gauteng bederf met drie vertonings by die Sun Arena by Time Square. Dié vertonings vind plaas op Vrydag, 16 Augustus (Time Square Premier-vertoning), Saterdag, 17 Augustus met Sondag, 18 Augustus as die finale vertoning.

Die Krone-konsert is sonder twyfel ’n groot gebeurtenis onder Afrikaanse-musiekliefhebbers en ondersteuners, waar plaaslike en internasionale ranglys-treffers van toeka tot nou, deur Suid-Afrika se mees bekende en gusntelingsterre in karaoke-styl saamgesing word.

Al die treffers word saamgebring in energieke, slim verwerkte keurspelle, terwyl die lirieke van dié treffers op groot LED-skerms vertoon word, vir die gehoor om uit volle bors saam te sing, vir ’n moewiese saamsing jol.

Vanjaar spog die Krone-konsep met 3 vertonings in Pretoria, en twee vertonings in Kaapstad. Dus is daar geen verskonings vir Afrikaanse ondersteuners om dié partytjie mis te loop nie.

Kyk hier na ’n voorskou:

 
Kaartjies vir die vertonings is nou beskikbaar aanlyn by iTickets. Klik hier vir Pretoria en klik hier vir Kaapstad.