Brendan Peyper en Snotkop, wat beide op 28 en 29 Julie in Pretoria en 4 Augustus in Kaapstad tydens die gewilde Krone 5 konsert te sien is, deel hul gunsteling musiek in ’n Apple Music-speellys.
Krone
Suid-Afrika se gunsteling saamsing jol – waar jy jou gunsteling musieksterre in konsert kan geniet en uit volle bors kan saamsing – is vanjaar vir die eerste keer in Pretoria en weer in Kaapstad te sien!
Skuif gemaklik in voor die kassie, warm jou stem op en kry jou danspassies in plek, want Krone 2 en Krone 3 word hierdie maand op kykNET NOU (DStv-kanaal 146) uitgesaai!
Ná twee uitverkoopte Krone 3-konserte verlede jaar by Carnival City in Gauteng kan aanhangers van dié konsertreeks uitsien na nóg ’n moewiese saamsing jol wat op Vrydag, 28 Julie, Saterdag, 29 Julie en Sondag, 30 Julie by Carnival City se Big Top Arena, plaasvind.