Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Afrikaans is Groot

Afrikaans is Groot Somerfees ploeg terug in gemeenskap

Redaksiespan15 Desember 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Terwyl feesgangers bederf word met vermaak en van die land se grootste kunstenaars tydens die Afrikaans is Groot Somerfees, gaan hulle ook die geleentheid kry om hul harte oop te maak en by te dra tot die toekoms van plaaslike leerlinge in die omgewing. Tydens dié fees, wat op Saterdag 28 Desember in Mosselbaai plaasvind, sal die MoewieseBlikskud- veldtog saam met Elvis Blue geloots word.

Met dié projek beoog die organiseerders van Afrikaans is Groot om R300 000 in te samel vir die gemeenskapsorganisasie, Life Community Service, om hul sodoende by te staan met die bou van ’n nuwe skool in George.

Hierdie organisasie lê vir Elvis Blue, wat ook op die verhoog in aksie gaan wees, na aan die hart en dis juis hy wat voorgestel het dat die fees by die projek betrokke raak en só ’n onuitwisbare nalatenskap agterlaat.

“Met dié projek plant Afrikaans is Groot ook sy wortels in die Suid-Kaap en gee daardeur terug aan ons lojale ondersteuners in dié area,” het Elvis gesê.

Life Communtity Services bestaan al bykans twintig jaar en help daagliks ongeveer 5 000 families met kos. Toe hulle vroeër vanjaar die perseel waar hulle gehuur het moes verlaat, kon hulle hulself op nuwe gronde vestig, maar maak staat op donasies vir die aanbou van die geboue en die skool.

“Toe ons besluit het op die Afrikaans is Groot Somerfees op Mosselbaai, het ons ook dadelik besluit dat ons die plaaslike gemeenskap gaan ondersteun. Met dié inisiatief vertrou ons dat ons feesgangers sal help om die lewens van ander te verryk,” het Johan C Venter, bemarkingshoof van Afrikaans is Groot, gesê.

Feesgangers sal op die dag hul bydrae in blikke kan plaas en moet op die uitkyk wees vir die personeel wat spesiale kopdoeke sal dra om die #MoewieseBlikskud-veldtog te bemark. Met die teiken van R300 000 sal die fondse bydrae om twee nuwe klaskamers vir die skool te bou.

Vir meer inligting oor dié projek besoek gerus Life Community Services se webblad.

Die Afrikaans is Groot Somerfees vind op Saterdag, 28 Desember by die Van Riebeeck Stadion plaas met van die land se grootste kunstenaars soos Elvis, Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Demi Lee Moore, Bok van Blerk, Snotkop, Riana Nel, Jay, Tarryn Lamb, Ricus Nel, Dewald Wasserfall, Corlea, Ruhan du Toit, Lianie May en Ivan Roux. ’n Program propvol aktiwiteite sal ook op die dag aangebied word. 

Kaartjies is slegs by Computicket of by Shoprite/Checkers en House & Home-winkels beskikbaar. Om aanlyn kaartjies te koop, klik hier. Die publiek word gewaarsku om waaksaam te wees teen derde partye wat kaartjies aanbied.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!
Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!
Die GrootJol toer die land plat in 2023!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.