Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Die Heuwels Fantasties se nuwe album is hier
Nuus

Die Heuwels Fantasties se nuwe album is hier

Redaksiespan3 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Heuwels Fantasties (Pierre Greeff, Hunter Kennedy, Fred den Hartog en Sheldon Yoko) is terug met ’n splinternuwe album! Al vier hulle vorige albums gou, goue verkoopstatus bereik en alles is OKAY!

Dit is ook die titel van hul vyfde album, en vanaand word OKAY! amptelik bekendgestel met ’n uithaler vertoning by Weiveld in Pretoria.  Aanhangers wat nog nie kaartjies het nie, kan nog aanlyn bespreek, boonop kry jy die album éérste!

Die Heuwels - Okay Final

Diegene wat nie die vertoning kan bywoon nie, maar graag die album wil kry, sal dit digitaal op GrootTunes kan kry.

Die nuwe album sluit oudergewoonte oorspronklike werke uit die groep se eie pen in, maar hulle snoer ook kragte saam met bekendes soos Valiant Swart, JR en Hanu de Jongh. Verwag ook bydraes van top musikante soos Janine Neethling (klavier), Adriaan Brand (trompet), Hiram Koopman (saksofoon) en Jannie van die Gereformeerde Blues Band (tuba en tromboon). Hulle het inspirasie gaan vind in Vleesbaai op die Tuinroete, en die album is weer opgeneem in die groen valleie van Stellenbosch by Jurgen von Wechmar se Sunset Studios. “Ons het onsself omring met vriende op plekke wat ons lief het.”

“Op hierdie stadium voel dit vir ons asof die liedjies op die nuwe album, meer as die voriges, amper apart op hulle eie eilande staan, maar tog saam – as ’n geheel – sin maak. Ons wou graag die tydstip waar ons onsself bevind, weergee. Dis amper asof elke musiek album is soos ’n foto album. Mens luister so half terug na hoe jy gevoel het toe jy dit geskryf het. Ons wil graag hê dat ons musiek ’n positiewe uitwerking op die luisteraar het,” sê Pierre. Koeëlbaai (saam met JR) en Gebruik My is van hulle gunstelingsnitte op die nuwe CD en hul glo dat aanhangers ook daarby sal aanklank vind.

Fred den Hartog
Hunter Kennedy
Pierre Greeff
Sheldon Yoko

Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album, LED Liefde, wat einde 2016 vrygestel is, het in die voetspore van hulle vorige suksesse gevolg. Die liedjie se universele tema in hierdie digitale era, uitsonderlike klank en betekenisvolle lirieke het gou geresoneer by luisteraars. Dit het nie net bo-aan verskeie radiostasies (Jacaranda FM Top 20, Bok Radio Top 40, MFM Top 40, Maroela Media Top 20, SFM Top 30, Radio Helderberg, ensovoorts) se treffersparades gekuier nie, maar die liriek-musiekvideo  was ook ’n eerste vir die groep.

Dit is baie duidelik hierdie album is meer as OKAY!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.