Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Liani se ‘pelgrimstog’ kry ’n volmaakte einde
Nuus

Liani se ‘pelgrimstog’ kry ’n volmaakte einde

Redaksiespan3 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

In samewerking met GrootTunes

Liani Reynolds, ’n mamma van vyf seuns het al die pad van Trompsburg tot in Pretoria gery om een van haar drome te bewaarheid.

Sy het onlangs by ’n Eliah-kerkkamp ’n weergawe van Amanda Strydom se lied Pelgrimstog gesing. Die tema van dié kamp was “Jou Skeppings doel” – min wetend dat sy een stappie nader aan haar eie skeppingsdoel sal kom.

Liani was nog altyd ’n sanger in haar hart, van kleins af, maar ná skool het sy arbeidsterapie studeer, en daarna haar meestersgraad in musiekterapie voltooi. Sy het egter na haar studies die droom om te sing laat vaar om klavierlesse te gee.

Soos die noodlot dit wou hê, was Ronel Brink, bestuurder en ma van Bobby van Jaarsveld, ook by die kamp. Sy was onmiddellik weggevoer deur Liani se talent en met haar ervaring in die musiek het sy besef daar is baie potensiaal in Liani se stem.

Ronel het nét daar besluit om vir Liani die geleentheid te gee om op ’n album sing! Liani was egter uit die veld geslaan, en sy het sommer in trane uitgebars het.

“Dit was nog altyd ’n groot droom van my om musiek op te neem, en toe Ronel my genader het, het ek onmiddellik besef hoe groot geleentheid dit is, ek is so dankbaar,” vertel Liani.

Terug van die kamp het Ronel Brink vir Liani ’n spasie op ’n album in produksie bewerkstellig, en Joe Foster, bekende skrywer, sanger en vervaardiger is toe ingespan om Perlgrimstog vir Liani te verwerk.

Liani het 23 Maart spesiaal vanuit Trompsburg deurgery om saam met Paulo Azevedo en Joe Foster in die die ateljee te gaan werk om die snit op te neem.

“Ek is so gelukkig met Joe Foster se verwerking van die lied, dit is presies wat ek sou verwag het. Ek het gehoop dat die liedjie ’n rustige en emosievolle gevoel sou hê en Joe het dit presies vasgevang,” vertel Liani met haar besoek aan Coleske se kantore in Pretoria.

IMG_6025

Direk na haar opname is sy weer op pad na Tromsburg waar sy weer ma moet gaan staan vir drie kleintjies en twee groter seuns wat nou besig is met eksamens.

“Hierdie is werklik ’n groot geleentheid, ek sou ook ses ure hiervoor gery het,” vertel Joe Foster.

Liani se weergawe van Pelgrimstog sal op Gospel Tunes Volume 1 beskikbaar wees, wat digitaal op GrootTunes vrygestel gaan word!

 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.