Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Jo Black bereik goue status in ses weke

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

Na maande se wag, het Jo Black sy debuutalbum, Skepe, vroeg in April uitgereik. Maar hy hoef nie maande gewag het om die goeie nuus te ontvang dat verkope die 15 000-kerf verbygesteek het nie. Om die waarheid te sê, ses weke was al wat nodig was.

Vra maar enigiemand in die musiekbedryf – dis amper ongehoord vir ’n nuwe kunstenaar om daardie hoogtepunt so gou te bereik. Wel, nuwe kunstenaar in die sin dat dit sy eerste album is. Maar eintlik sing Jo al vir 16 jaar. Eers in kuierplekke en toe in kerke. En dis waar jy hom dalk vandag nog sou raakloop so tussen deur al sy Be that Guy motiveringspraatjies wat hy by skole hou om vir jongmense te sê: “Wees goed vir jouself en vir ander.” Maar toe nader musiekvervaardiger en liedjieskrywer Johan Vorster hom en die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

Die video van die titelsnit, Skepe, is in Desember 2016 bekendgestel, en 5 maande later staan dit reeds op meer as 1 022 000 YouTube trefslae. Dit was al klaar ’n aanduiding dat die debuutalbum ’n sukses sal wees, maar presies hoe groot en hoe vinnig, het Jo heel onkant gevang. Op ’n goeie manier natuurlik. Nie dat die skielike roem na sy kop toe sal gaan nie – daarvoor hou sy vrou, Debbie, en sy twee dogters, Dinieke (7) en Miané (4), sy voete vir hom plat op die aarde.

“Jo is die tipe kunstenaar wat een keer elke 10 jaar verby kom, soos ’n Bok van Blerk of ’n Theuns Jordaan. Ek glo Jo se naam sal eendag tussen die grotes van Afrikaanse musiek genoem kan word,” sê Johan Vorster.

Intussen klim die fisiese en digitale-aankope van die album met sy 13 oorspronklike liedjies dag na dag. Jo het ook reeds die tweede treffer vanaf die CD bekend gestel. Met die titel Bring Die Hoop Weer Terug, is dit geen verrassing dat dit ’n inspirerende liedjie is nie en dit word reeds landwyd deur radiostasies gespeel. Boonop word die musiekvideo van die nuwe treffer binnekort vrygestel. Dit sal natuurlik verder bydra tot verkope van die album in CD winkels asook op Apple Music en iTunes. Voeg daarby al die beplande optredes vir die res van die jaar, en dit word gou duidelik dat ons nog baie van die man met die baard gaan sien en hoor.

Luister na die album op Liedjie:

Vir meer inligting oor wat 2017 alles vir Jo Black inhou, volg hom gerus op Instagram by joblack8.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.