’n Aand met Anders in ‘Nashville’

Ghoema-wenners, Anders, is ’n groep wat gehore al sedert 2008 af met hul warm stemme en harmonieë betower.

Hierdie keer bring hulle ’n splinternuwe produksie na die verhoog toe.


’n Aand in Nashville, beloof om jou terug te vat na jou gunsteling country musiek, asook nuwe Afrikaans en Engelse country liedjies, geskryf deur die duo. Natuurlik deel hul ook die verhoog met van die beste musikante in Suid-Afrika.

Die konsert vind plaas op 12 Augustus by Barnyard Teater Silverstar. Kaartjies is R150 per persoon. Klik hier om jou kaartjie te koop.

Dit is ’n aand vir die hele gesin, iets wat jy nie wil mis nie, en een wat jy nie maklik sal vergeet nie.