Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Madeliefie Makietie»Madeliefie Makietie wek groot opwinding
Madeliefie Makietie

Madeliefie Makietie wek groot opwinding

Redaksiespan14 Junie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die gewilde Madeliefie Makietie-fees wat vanjaar op die pragtige Weskus-stranddorp Strandfontein plaasvind, ontlok groot opgewondenheid in die Matzikama-streek.

Vanjaar se fees vind op Vrydag 29 en Saterdag 30 September plaas en sluit 15 van ons land se top kunstenaars in, met onder andere Bobby van Jaarsveld, Willem Botha, Die Broers, Pieter Koen, Andriëtte, Leah, Brendan Peyper, Lianie May, Juanita du Plessis, Jay, Neil Somers, Klikkerland, Lollos en Dobbelsteun en Lee Scott.

“Ons is trots om besoekers van buite op ons spog kusdorpie te verwelkom en vanjaar bied ons vir ieder en elk die geleentheid om die fees te kom beleef. Ons Weskus-mense is bekend vir ons gasvryheid en ons unieke Weskus kos en wyne sal besoekers in vervoering hê,” sê Stokkies van Zyl, organiseerder van Madeliefie Makietie.

“Vanjaar bied die fees ook ’n spesiale vertoning in die bekende Perdeskoen-arena aan. Die arena sal volgepak wees met die heerlikste kosstalletjies, ons Olifantsrivierstreek se unieke wyne en natuurlik die beste musiek. Vanjaar het ons ook spesiaal gefokus op die jongspan en Klikkerland en Lollos sal seker maak dié Septembervakansie skop met groot pret en vermaak af.”

Die fees bied soos vroeër jare ’n bekostigbare pendeldiens na en van die feesterrein, met trots geborg deur Stevens Transport en omliggende skole. Indien jy jou kaartjie by Computicket gekoop het, mag jy gratis van dié pendeldiens gebruik maak. Kaartjies sal binnekort eersdaags wees.

Die A-blok-kampeerterrein op Strandfontein word deur die fees-organiseerders, in samewerking met die Matzikama-munisipaliteit, herstel en opgeknap vir die fees.

Indien jy vanjaar jou eie stalletjie by die fees wil hê en jou kunswerke, kookkuns, handwerk en vele meer wil verkoop, kan jy ’n aansoekvorm op die webblad invul of jy kan ’n e-pos stuur aan marianae@kingsley.co.za.

“Ons visie en doelwit is steeds soos elke jaar om ’n vriendelike en veilige, familiefees aan te bied. Daarom het ons seker gemaak daar is iets vir jonk en oud – van ’n Maltrap-fietsroete, ’n staproete, die baie gewilde raakrugbywedstryd en nog vele meer,” vertel van Zyl verder.

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram.

 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Country-legendes skop Strandfontein-fees af!
Madeliefie Makietie terug op Strandfontein
Madeliefie Makietie herskryf resep vir feeshou op Strandfontein
Is jou feesskoene al afgestof vir Madeliefie Makietie 2017?

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.