Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Madeliefie Makietie»Country-legendes skop Strandfontein-fees af!
Madeliefie Makietie

Country-legendes skop Strandfontein-fees af!

Redaksiespan17 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Feesgangers wat die Madeliefie Makietie, op 26 en 27 Oktober op Strandfontein bywoon kan uitsien na ’n bykomende bonus.

Nie net gaan 20 van ons land se top-kunstenaars hier optree nie, maar die geliefde Country Legends – Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce en Tommy Dell – gaan ook daar wees. Dit maak die fees ongetwyfeld een van die grootste feeste in die land en een wat niemand kán misloop nie!

Hierdie country-sangers het die land al vir dekades gaande met hul treffers en het geen bekendstelling nodig nie. Die ander kunstenaars by die fees is Leah, Jo Black, Willem Botha, Irene-Louise Van Wyk, Lee Scott, Karlien van Jaarsveld, Majozi, Snotkop, Juan Boucher, Dirk van der Westhuizen, Dobbelsteun, El Clay, Wynand & Chereé, Gert Engelbrecht, Jan Rhaap, Greunen Parker, Armand Steenkamp, Twin Voice en Dawid van der Merwe.

Volgens Cindy Schade, woordvoerder van die fees, is die organiseerders uitgeboul deur die ongekende belangstellings in die fees en wou hulle besoekers verras met nog ’n vertoning wat so reg in almal se kraal sal val.

“So baie van ons het grootgeword met die Country Legends en om hulle almal saam op een verhoog te sien, gaan beslis vir baie mense ’n droom wees wat waar word. Die country-ikone is op Vrydag, 26 Oktober van 18:30 tot 21:30 te sien by die perdeskoen-amfiteater,” sê Cindy.

Die pragtige stranddorp Strandfontein, wat vir die tweede keer gasheer speel vir die immergewilde Madeliefie Makietie, gaan op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Oktober in rep en roer wees. Daar gaan drie verhoë wees, talle stalletjies met die heerlikste versnaperinge en drankies, wonderlike vermaak vir die jongspan en nog vele meer.

“Die fees raak net elke jaar groter en groter! Strandfontein se lieflike ligging, die ongelooflike uitsig oor die see, Weskus-gasvryheid en die joviale atmosfeer wat eintlik ook die begin van die somer aandui, is ’n absolute wenresep. Maak seker jy kry vandag nog jou kaartjie om hierdie besonderse Weskusfees saam met ons te geniet,” sê Cindy.

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram. Die volledige feesprogram is beskikbaar by www.madeliefiemakietie.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Madeliefie Makietie terug op Strandfontein
Madeliefie Makietie herskryf resep vir feeshou op Strandfontein
Is jou feesskoene al afgestof vir Madeliefie Makietie 2017?
Groot opwinding binnekort by die Madeliefie Makietie

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.