Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Madeliefie Makietie»Madeliefie Makietie herskryf resep vir feeshou op Strandfontein
Madeliefie Makietie

Madeliefie Makietie herskryf resep vir feeshou op Strandfontein

Redaksiespan5 Oktober 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Hooffoto: Henlo du Toit Photography 

Die geskiedenis van musiekfeeste is die naweek herskryf toe die jaarlikse Madeliefie Makietie-fees met reuse sukses vir die eerste keer op die Weskus stranddorpie Strandfontein aangebied is.

“Ons stoutste verwagtinge is oortref met die deelname van die gemeenskap en die oorweldigend positiewe reaksie wat ons sover ontvang het. Die manier waarop die fees daarmee geslaag het om sakelui, kunstenaars, inwoners en feesgangers saam te bring, is verblydend,” het Stokkies van Zyl, voorsitter van die feeskomitee gesê.

“Ons het bewys dat die gemeenskap steeds saam wil kom om vermaak te geniet en saam gesellig te verkeer. Die fees moes egter ’n ervaring oor verskillende vlakke skep en dit is presies waarmee ons op Strandfontein geslaag het.”

Feesgangers was dit eens dat dit die fees met die mooiste arena in die land is. Die hoofverhoog in die Perdeskoen was omraam deur die see op die agtergrond wat deur die dag en skemeraand in verskillende kleure getooi was.

Feesgangers kon op die strand baljaar, tussen die stalletjies langs die strand loop, by die kuiertente sit en heerlike kos eet en ’n drankie geniet terwyl hulle na die pragtige see-uitsig kyk en ook die musiekoptredes geniet met die see op die agtergrond.

Daar was drie verhoë, die Kommetjie-verhoog op die sand by die rotse naby die Kommetjie-restaurant, die seetuin-kuierverhoog en die hoofverhoog in die perdeskoen-amfiteater. Hier het meer as 23 van ons land se top kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Willem Botha, Juanita du Plessis, Brendan Payper, Leah, Jay, Lee Scott, Lianie May, Emo Adams en ander opgetree en die feesgangers vermaak.

Volgens die gewilde sanger Bobby van Jaarsveld was die fees ongelooflik en wil hy weer volgende jaar kom deelneem. “Julle weet nie hoe bevooreg julle is om hier te bly nie. Ons almal wil hier kom woon.”

Daar was ook heelwat aktiwiteite vir die hele gesin, soos pretritte vir die kinders, optredes deur Klikkerland, Lollos en Lettie, raakrugby-wedstryde en die maltrap-fietsryroete. Feesgangers het met wingerdtrekkers en -waentjies tussen die verhoë gependel.

Stokkies van Zyl het ook ’n spesiale Oorkonde van Erkenning aan die aanvanklike stigters van die oorspronklike Rittelfees bekend gemaak. Die oorkonde aan Louw Van Zyl, Atman Engelbrecht, Chris Basson en Gideon Gouws, die aanvanklike stigters en bestuurders van die Rittelfees, gee erkenning aan die innovasie wat die konsep van musiekfeeste in Suid-Afrika gevestig het en wat vandag in Madeliefie Makietie voortleef.

Tania Burger Fouché van die Strandfontein Belastingbetalersverenigingkomitee (SBV) het op Facebook haar dank uitgespreek: “Dankie aan almal wat saam op ons Juweeldorp gemakietie en feesgevier het en elkeen se ingesteldheid om die SBV se Visie “maak dit jou trots” gestand te doen. Groot dankie aan elke kunstenaar, uitstaller, besoeker van heinde en vêr en veral ons SBV-lede, inwoners, eienaars en plaaslike boere en ook werkers wat die fees positief omarm, ondersteun en self fisiese harde werk ingesit het.

“Ons wil ook dankie sê aan die Makietie-feeskomitee onder leiding van Stokkies, ander private firmas en die munisipaliteit vir die opgradering van en verbeteringe aan die geriewe van ons pragtige dorp en ook die goeie samewerking en verstandhouding wat deurentyd gehandhaaf is. ’n Spesiale dankie aan alle wetstoepassingspersoneel wat voortdurend hul pligte onbaatsugtig uitgevoer het.

“Dit was ’n plesier en voorreg om met elkeen van julle saam te werk en volgehoue samewerking vir die toekoms te verseker.”

Kyk wat het die feesgangers oor die fees te sê:

“Was ’n fantastiese fees! Het die hele uiteensetting baie geniet. Lekker sunny, see en vakansie-atmosfeer wat in die dorp geheers het. Love dat daar oral naby waar jy beweeg het, ook stalletjies was. Was heerlik om in ’n skoon en netjiese dorp te beweeg. Selfs die skoon badkamers het bygedra tot ’n lekker tyd by die fees. Dankie aan almal wat so hard gewerk het!” – Amanda Beets.

“Dit was ’n wonderlike belewenis. Sal dit verseker vir almal aanbeveel. Die musiek was uit die boonste rakke. Die atmosfeer was pure Afrikaans en dis wat dit onvergeetlik maak. Ons maak volgende jaar weer so.” – Naomi Frick Brits.

“Dit was ’n heerlike fees. Die dorp en julle uitleg verleen hom uitstekend vir so ’n fees. Die organisasie was uitstekend. Hou so aan. Ons sal beslis weer kom.” – Johan Pieter Huisamen.

“Dit was FANTASTIES! Great venue, ongelooflike organisasie… Lekker entertainment vir die kinders ook. BESLIS ’n wenner… elke sent die moeite werd. Julle kan opreg trots wees op hierdie puik fees!!! DANKIE!” – Mandi Louw.

Besoek gerus Madeliefie Makietie se sosiale media vir foto’s en video’s wat tydens die fees geneem is.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Country-legendes skop Strandfontein-fees af!
Madeliefie Makietie terug op Strandfontein
Is jou feesskoene al afgestof vir Madeliefie Makietie 2017?
Groot opwinding binnekort by die Madeliefie Makietie

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.