Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Madeliefie Makietie

Groot opwinding binnekort by die Madeliefie Makietie

Redaksiespan16 September 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Strandfontein is in rep en roer vir die Madeliefie Makietie wat vir die heel eerste keer op dié prentjiemooi Weskus-stranddorp aangebied word. Die opwinding onder kunstenaars is bykans tasbaar.

“Ek kan nie wag om by die Madeliefie Makietie op te tree nie. Ek sien dit is so gewild, so ek is baie opgewonde,” sê die gewilde sangeres, Juanita du Plessis, oor dié fees wat op Vrydag, 29 en Saterdag, 30 September plaasvind.

Altesaam 23 van ons land se topkunstenaars bied vermaak aan feesgangers, waaronder Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Willem Botha, Die Broers, Pieter Koen, Andriëtte, Leah, Brendan Peyper, Lianie May, Jay, Neil Somers, Klikkerland, Lollos, Dobbelsteun, Lee Scott, Stephan Vermaak, Werner Coetser en Vito.

Lee Scott sê op sy beurt: “Ek kan nie meer wag om julle by die Madeliefie Makietie te sien nie. Ek is mal oor daardie deel van Suid-Afrika. Ek tel letterlik die dae af.”

“Kry vir ons op die Weskus by die Makietie. Jy sal vir jouself moet kom kyk op 30 September,” skerts Emo Adams.

Vir meeste van die kunstenaars is dié fees ’n eerste en vir sommige ’n eerste besoek op Strandfontein. Vir Werner Coetser, sepiester en akteur, wat as seremoniemeester optree, is die Weskus die mooiste plek. “Ek was so vinnig op Vredendal. Al wat ek weet, is dat dit regtig mooi is en dat die mense vriendelik is,” sê hy.

Strandfontein het ook ’n nuwe voorkoms, met die A-blok kampterrein wat oorgedoen is vir die feesgangers wat hierdie juweel-dorpie gaan besoek. Die A-blok is herstel, gras is onlangs geplant en dit lyk ongelooflik met die nuwe ablusiegeriewe en chalets wat ook deur die fees-organiseerders, in samewerking met die Matzikama-munisipaliteit, oorgedoen is.

“Ons is trots daarop om besoekers van buite ons op spog-kusdorpie te verwelkom en vanjaar bied ons vir ieder en elk die geleentheid om dit te beleef. Ons Weskus-mense is bekend vir ons gasvryheid en ons unieke Weskus-kos en -wyne gaan besoekers in vervoering hê,” sê Stokkies van Zyl, Madeliefie Makietie-organiseerder.

“Ek kan nie wag vir die fees nie. Dit gaan een groot jol wees,” vertel die sanger, Pieter Koen, opgewonde.

Besoek die Madeliefie Makietie-webblad vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word of by 0861 915 8000.

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Country-legendes skop Strandfontein-fees af!
Madeliefie Makietie terug op Strandfontein
Madeliefie Makietie herskryf resep vir feeshou op Strandfontein
Is jou feesskoene al afgestof vir Madeliefie Makietie 2017?

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.