Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Madeliefie Makietie

Is jou feesskoene al afgestof vir Madeliefie Makietie 2017?

Redaksiespan26 September 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Madeliefie Makietie-fees wat oor slegs ’n paar dae – op Vrydag, 29 en Saterdag, 30 September – feesgangers, topkunstenaars en stalletjiehouers op Strandfontein aan die Weskus gaan verwelkom, wek groot opwinding. Die hele dorp is in rep en roer.

Altesame 23 van ons land se topkunstenaars gaan vermaak aan feesgangers bied. Hulle is onder andere Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Willem Botha, Die Broers, Pieter Koen, Andriëtte, Leah, Brendan Peyper, Lianie May, Jay, Neil Somers, Klikkerland, Lollos, Dobbelsteun, Lee Scott, Stefan Vermaak, Werner Coetser en Vito.

Daar is drie verhoë waar hierdie topkunstenaars sal optree. Die amfiteater is in die perdeskoen, die Kommetjie-verhoog is by die restaurant en die Seetuin-arena is ’n paar meter van die pretritte af.

“Ons visie en doelwit is om ’n vriendelike en veilige familiefees aan te bied. Daarom het ons seker gemaak daar is iets vir jonk en oud, van ’n Maltrap-fietsroete en ’n staproete tot die baie gewilde raakrugbywedstryd en nog vele meer,” vertel Stokkies van Zyl, organiseerder van Madeliefie Makietie.

Die hekke sal op Vrydag, 29 September om 10:00 open om die feesgangers by Madeliefie Makietie 2017 verwelkom. Met besoekers se aankoms by die fees moet hulle by die feeskantoor aanmeld vir diegene wat kaartjies benodig en parkering-aanwysings. Daar sal sekuriteit in die parkeer-area wees om seker te maak dat alle voertuie veilig is.

Inwoners van Strandfontein en hul besoekers wat oorslaap by hul huise moet ook by die feeskantoor aanmeld en kry dan plakkers omdat slegs húlle met voertuie die dorp kan inry en by hul huise kan gaan parkeer. Kampeerders kry ook ’n plakker en sal gewys word watter roetes om te volg tot by hul staanplek.

Daar is drie verhoë by vanjaar se fees en feesgangers kan gratis gebruik maak van trekkers en sleepwaens wat na die verskillende verhoë in die dorp sal ry indien jy nie wil stap nie.

Daar gaan ’n horde stalletjies in die strate van Strandfontein wees en stalletjiehouers rapporteer ook aan die feeskantoor langs Computicket. Hulle kry ’n pakkie met alles in – feesbandjies, feeskaart, plakkers en die tye. Vir enige navrae kan Piet Otto by 082 380 2167 gekontak word.

Dwelms, wapens, alkohol, koelhouers, gazebo’s, sambrele, braai’s en opname-toerusting word nie by die fees toegelaat nie. Jy mag wel ’n kamera by die hekke inneem en die stalletjies sal verversings voorsien.

Indien jy gebruik gaan maak van die beskikbare pendeldiens tydens die fees en wonder oor die vertrekpunte en tye, kan jy gerus hier klik waar jy alles oor die pendeldiens kan lees.

Besoek www.madeliefiemakietie.co.za vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word of by 0861 915 8000.

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Country-legendes skop Strandfontein-fees af!
Madeliefie Makietie terug op Strandfontein
Madeliefie Makietie herskryf resep vir feeshou op Strandfontein
Groot opwinding binnekort by die Madeliefie Makietie

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.