Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Luister weer én weer na jou Afrikaanse gunstelinge op JOOX
Nuus

Luister weer én weer na jou Afrikaanse gunstelinge op JOOX

Redaksiespan24 November 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars is nou letterlik aan die punte van jou vingers met die JOOX-musiekstroom app. Luister regstreeks na musiek of laai jou keuses af om weer én weer daarna te luister.

Vandat Joox in Suid-Afrika bekend gestel is, het dit ’n reuse omwenteling in die Afrikaanse musiekwêreld veroorsaak. Musiekliefhebbers het nou ’n yslike biblioteek van musiek tot hul beskikking om hul eie persoonlike speellyste saam te stel.

Verskeie Afrikaanse kunstenaars het ook dadelik die geleentheid aangegryp wat JOOX hul bied om hul musiek vinniger by hul ondersteuners te kry.

Vir Deon van der Merwe & Ruhan du Toit, die duetpaar beter bekend as Touch of Class, is Joox die beste musiekstroom-app wat hulle al beleef het.

“Hierdie app maak die lewe so gemaklik en bied soveel verskeidenheid,” het hulle gesê.

Die sanger en televisie-aanbieder Willem Botha is baie opgewonde oor die JOOX-app. “Dis ’n manier waarmee ek my musiek met mense kan deel asook lekker speellyste kan maak. Daar is mos niks wat ons meer in die Desember-vakansiestemming kan kry as lekker musiek nie,” het hy gesê.

“JOOX is dié musiek-app van die toekoms in Suid-Afrika,” vertel Lee Scott, sanger en Kliphard-aanbieder opgewonde. “As ’n sanger is ek mal oor musiek en altyd op soek na nuwe klanke en idees. JOOX gee dit als vir my. Dit is ook so gebruikersvriendelik – met net een klik kan ek dadelik na my gunstelinge luister,” het hy gesê.

Volgens Bino Boshoff, hoof van Afrikaanse Musiek by Universal Music, was die besluit om hul kunstenaars se musiek op JOOX beskikbaar te stel, vanselfsprekend.

“Ons kan nie bekostig om agter te bly met wat die wonderlike wêreld van tegnologie aan ons bied nie. Dit is nou makliker as ooit om ons aanhangers te bereik,” het hy gesê.

Laai die JOOX-app gratis in die Google Playstore en App Store af en luister na weeklikse nuwe speellyste met jou gunsteling Afrikaanse nommers.

Verkry gratis toegang tot die volgende:

  • Groot biblioteek – Kry onmiddellik toegang tot musiek van regoor die wêreld
  • JOOX Radio – Toegang tot meer as 50 radiostasies met ’n groot aantal liedjies
  • Aanbevole speellyste – Vind speellyste deur ons saamgestel met liedjies om jou bui te pas
  • “Real-Time Sharing” – deel jou liedjies met jou WeChat-vriendekring en op jou “Oomblikke”

Die JOOX VIP-diens sluit die volgende in vir toegewyde musiek-aanhangers:

  • Speel op aanvraag
  • Laai af om later te luister
  • Hoë gehalte-stroming
  • Geen klank-advertensies

Gebruikers wat JOOX aflaai, kry hul eerste maand van VIP-gebruik gratis en kan ook uitkyk vir spesiale kodes van hul gunsteling-kunstenaars om om dié voordeel te geniet.

Gaan na www.joox.com vir meer inligting.

JOOX is ’n produk van Tencent Africa Services – ’n gesamentlike onderneming tussen Tencent Mobility in Hong Kong en Suid-Afrikaanse mediamaatskappye. Ander produkte uit hul stal sluit in WeChat en VOOV.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.