Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Niks verkeerd met Stephantasties se eerste enkelsnit nie!
Nuus

Niks verkeerd met Stephantasties se eerste enkelsnit nie!

Redaksiespan31 Oktober 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die opgewekte, voetstamplekker-wysie en betekenisvolle lirieke van Stephantasties se eerste solo-vrystelling, Dis Verkeerd, is die perfekte pasmaats vir dié veelsydige kunstenaar se stem. Die snit gaan binnekort die land se radiogolwe oorneem, net soos wat hierdie vermaaklikheidster, die afgelope paar jaar die musiek- en vermaakbedryf kom verower het.

Dis Verkeerd is Stephantasties se eerste enkelsnit as solo-kunstenaar. Hy het die treffer self geskryf en vervaardig en beskryf dit as ’n lekker Afrikaanse popliedjie, wat beslis ’n gunsteling gaan wees op die dansvloer. “Dit gaan oor daai gevoel wat jy vir iemand het, wat so sterk is dat dit amper verkeerd voel. Wanneer jy sommer weer verlief raak elke keer wat jy die persoon sien,” verduidelik die sanger.

“Dit is my eerste poging as solo-kunstenaar en ek wou met iets treffend begin, so ek hoop hierdie liedjie sal dit kan doen.”

Die musiekvideo van die enkelsnit is ook pas vrygestel en alhoewel die aanslag baie simplisties is, komplementeer dit die liedjie goed omdat dit steeds ’n gevoel van opwinding skep.“Ons het ’n baie eenvoudige en minimalistiese konsep vir die video gebruik. Deur letterlik net met ’n paar ligte en eenvoudige effekte te speel, wou ons ’n gevoel skep rondom die liedjie en, sonder te veel tierlantyntjies, my aan die publiek bekendstel,” sê Stephantasties oor die video wat by Foghound Studios opgeneem is en deur Hencas van Huyssteen van Fuisteen Films en Ruan Kotze van The Reel Thing vervaardig is.  

Kyk die video hier:

Hierdie talentvolle Pretorianer is al van kleins af lief vir musiek. Sy ma, Alta van Huyssteen, is ’n operasanger en hy en sy broer is deurgangs blootgestel aan ’n wye verskeidenheid musiek, van Queen tot Roy Orbison. Op laerskool, het hy die hoofrolle in verskeie musiekblyspele vertolk en ook talle kompetisies gewen. In die hoërskool het hy weer dromme gespeel in ’n Metal-groep wat hy en sy boetie begin het.

Na skool het hy vir ’n jaar musiek studeer, waarna hy die geleentheid gekry het om vir ses maande saam met ’n klassieke groep in Spanje op te tree. Met sy terugkeer na Suid-Afrika, sluit hy aan by die groep, BRAVO!, wat twee albums uitgereik het. Gedurende hierdie tyd, het hy weer ’n musiekkursus gedoen deur COPA asook ’n kwalifikasie in Klanktegnologie deur die SAE Institute.

Die groot deurbraak in sy loopbaan, het egter eers gekom in 2010 nadat hy as kroegman en instaan-klankingenieur by Barnyard begin werk het. Dit het gelei tot rolle in vertoning soos Big Top Rock, 7 Wonders, The Rocky Horror Picture Show, Kidz Rock en We Will Rock Youin die Seychelles, wat hom die geleentheid gegee het om sy stem, dansvernuf en toneelspel ten toon te stel.

In 2012 word hy deel van die Afrikaanse mansgroep, NRG, as sanger, drom- en kitaarspeler. Die groep het baie gou naam gemaak en reeds die verhoog gedeel met van die grootste kunstenaars in die land, waaronder Heinz Winckler, Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, Romanz en vele meer. NRG is ook in 2013 genooi om die inhuisorkes te wees vir die Huisgenoot Treffer-na-Treffer-vertoning by die KKNK.  

Sing is egter nie Stephantasties se enigste talent nie. Buiten vir die feit dat hy ’n knap klankingenieur is, is hy ook ’n kranige liedjieskrywer en vervaardiger wat verantwoordelik was vir verskeie van die liedjies op NRG se nuutste album, Roulette. Hy vervaardig ook deesdae musiek vir ander kunstenaars.

Wanneer hy nie met klank doenig is nie, is hy ook akteur, seremoniemeester en televisieaanbieder (chatNOU op kykNET). Hy is ook gedurende November en Desember betrokke by die musiekblyspel, Rock of Ages, by die Lyric Theatre by Gold Reef City.

Volgens die kunstenaar, is daar geen ander beroep wat hy eerder sou wou volg nie, behalwe natuurlik as hulle vir hom ’n rol in Star Wars aanbied, want hy is ’n groot aanhanger van dié lokettreffer. “Alledaagse gebeure en ander musiek van kunstenaars wat ek bewonder lei gewoonlik tot inspirasie na iets wat ek skryf en soms kom dit heeltemal anders uit as wat ek beplan het. Ek bewonder ook onafhanklike kunstenaars, wat hard werk en die ure insit om dit te maak werk, maak nie saak wat nie,” gesels die musikant wat Bruno Mars, Ed Sheeran, DJ Zedd en Nic Jonas as van sy huidige gunstelinge lys.

Die musiekbedryf het hom geleer om homself nie met ander kunstenaars te vergelyk nie en dat sukses op die regte tyd sal kom. Daarom fokus hy op die geleenthede wat hy kry en die planne wat hy vir die toekoms het, wat ’n solo-album en ’n liedjie saam met MWAH! insluit. Alhoewel hy nog nie te veel oor sy debuutalbum wil verklap, wat vir 2018 beplan word nie, sê hy dat dit ’n verskeidenheidsalbum gaan wees wat organiese en elektroniese klanke sal laat saamsmelt.

Stephantasties wil graag grense in die Afrikaanse musiekberyf verskuif deur ’n nuwe en unieke klank te skep. “Ek dink nie daar is op hierdie stadium iets soos Dis Verkeerd in die mark nie en ek wil graag iets anders doen, wat die publiek nogsteeds kan geniet,” sê hy. Sy nuutste treffer versinnebeeld nie net hierdie doelwit nie, maar is ook ’n goeie aanduiding van wat luisteraars in die toekoms van hom kan verwag.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.