Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

LUISTER: Jennifer Zamudio stel nuwe enkelsnit vry

Jennifer Zamudio se 11de album sal in Junie 2016 op die rakke wees. Die titelsnit van die gelyknamige album Ongelooflik is Jennifer se tweede projek in noue samewerking met Palmer Global Ink in Nashville, Tennesse VSA.

Die lied is geskryf deur Allen McKendree Palmer en Bridgette Tatum met Jennifer wat die Afrikaanse lirieke geskryf het. Bridgette Tatum het ook James Aldean se treffer She’s Country, wat tans 39 Miljoen kyke op YouTube het, geskryf. Hierdie album van Jennifer Zamudio beloof om die titel gestand te doen. Weereens beklemtoon en bevestig Jennifer haar veelsydigheid as kunstenaar.

Alhoewel Jennifer self geskryf het vir die album, is daar ook liedjies vir haar geskryf deur skrywers uit London, Liverpool, Nashville en Suid-Afrika. Met ‘n album bestaande uit Afrikaans en Engelse musiek, is dit gewis dat hierdie album Jennifer se steun in Suid-Afrika gaan verbreed.

Met ‘n paar uitsonderlike krag ballades gaan sy die hart diep tref en met betekenisvolle lirieke gaan die album ‘n goeie luisteroor verg.

Luister gerus na Jennifer se nuwe enkelsnit Ongelooflik hier onder.