FOTO: Verskaf
Weens die deurlopende beperkings op sosiale geleenthede en byeenkomstes tydens die onderskeie vlakke van die nasionale COVID-19-inperking, sal inskrywings vir die tweede seisoen van Die Kontrak tot verdere kennisgewing uitgestel word.
Inskrywings, sou Vrydag 1 Mei 2020, geopen het.
Die vervaardigers tesame met e.tv voel dat in die lig van die huidige COVID-19 risiko-aanpassings en strukture wat deur die regering ingestel is, ons nie sal kan voortgaan met produksie soos beplan nie.
Die veiligheid van ons produksie-span, kenners, mentors, grootbaas, aanbieders, deelnemers en gehoorlede bly eerste prioriteit.
Die Kontrak-span bly dankbaar vir die opgewondenheid en ondersteuning en ons sien uit na ’n nuwe seisoen groter as wat jy kan indink, sodra die grendeltyd verby is.