Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Franja du Plessis trek sand in die lyn met ‘Kry My In Die Middel’

Redaksiespan7 Maart 2025
FOTO: Willem Botha
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Franja du Plessis is terug met nóg ’n opwindende liedjie wat beloof om harte te verower. Haar nuutste enkelsnit, “Kry My In Die Middel,” volg op die reuse sukses van vorige treffers soos “VERE!” en “Lisensie” en beloof om vinnig ’n gunsteling te word.

Dié liedjie is deur Franja self geskryf en vervaardig, met Dirk van Niekerk wat die mengwerk behartig het. “Kry My In Die Middel” vang die opwinding en emosie van verlief wees vas en fokus op die konsep van om mekaar halfpad te ontmoet – of dit nou in liefde of in begrip is.

LEES OOK: Franja bied vernuwende klank met nuwe enkelsnit, ‘Vere’

Volgens Franja handel die liedjie oor daardie delikate oomblik wanneer mens oorweeg om ’n tree nader aan iemand te beweeg. “Mens kyk altyd maar dinge mooi uit en of die ander persoon dieselfde voel voor jou ’n tree vat en nader beweeg aan mekaar, en dan die kans vat om jou hart op die spel te sit,” verduidelik sy. “Ek glo dinge moet altyd van twee kante af kom – om mekaar in die middel te kry en dit te maak werk. Dit kan jou liefde vir mekaar wees, of na ’n verskil, om mekaar in die middel te kry om deur dit te werk.”

Franja beskryf ook hoe die liedjie geïnspireer is deur die Engelse sêding “meet me halfway” en die droom van ’n tropiese vakansie saam met die liefde van jou lewe. “Ek het gedink aan ’n tropiese vakansie saam met die liefde van my lewe met die skryf van die liedjie,” sê sy.

Liefhebbers van Franja se musiek hoef nie meer lank te wag nie – “Kry My In Die Middel” sal vanaf 7 Maart 2025 digitaal beskikbaar wees. Op dieselfde dag word die musiekvideo, vervaardig deur Gerduan Kemp, ook vrygestel. Met sy pragtige visuele vertelling beloof die video om die lirieke en gevoel van die liedjie perfek vas te vang.

Met sy aansteeklike ritme en ’n opbouende “feel good”-atmosfeer, is hierdie liedjie perfek vir enige kuierplek – of dit nou op die dansvloer of rondom die braaivleisvuur is. “Kry My In Die Middel” is hier om jou te laat saam sing, dans en langarm!

Kyk die musiekvideo hier:

Moenie uitmis nie – Franja du Plessis se splinternuwe enkelsnit gaan beslis ’n groot treffer wees!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.