Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Logan Pietersen delf diep, persoonlik vir sielvolle nuwe enkelsnit

Redaksiespan7 Maart 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Met sy splinternuwe enkelsnit, “Whiskey & Water, Rooiwyn of Jy”, neem Logan Pietersen luisteraars op ’n diep emosionele reis deur liefde, verlange en hartseer. Die liedjie, wat op 7 Maart op alle digitale platforms vrygestel word, vang die siklus van liefde en die gepaardgaande emosies op ’n eerlike en treffende manier vas.

Volgens Logan is die liedjie geïnspireer deur sy eie lewenservarings, veral gedurende sy vroeë twintigs. “Dit was ’n tydperk van groei, lewenslesse, liefdesteleurstellings en, kom ons wees eerlik, redelik baie kuier,” sê hy. “Die verskillende drankies in die titel is metafories – whiskey en water simboliseer eensaamheid, terwyl rooiwyn geselligheid en warmte verteenwoordig, iets wat jy met ’n spesiale persoon deel.”

Een van die mees treffende lirieke in die liedjie is: “So sag soos ’n kosmos, so wild soos ’n by.” Logan verduidelik dat hierdie versreël die kontras tussen ’n vrou se sagtheid en haar wilde gees uitbeeld. “Die by en die blom het mekaar nodig om te bestaan, net soos mense in liefde en verhoudings mekaar nodig het.”

LEES OOK: Logan Pietersen se nuwe liedjie spreek tot die liefde se struwelinge

Alhoewel die liedjie diep persoonlik vir Logan is, het hy dit so geskryf dat enigeen dit op hul eie manier kan interpreteer. “Ek wil hê hierdie liedjie moet mense in die hart tref. Ons almal ervaar teleurstellings en seerkry, en ek hoop dit kan as ’n soort medisyne vir die hart dien.”

Die musiekvideo vir “Whiskey & Water, Rooiwyn of Jy” is verfilm by die ikoniese Capitol Theatre, wat met sy ryk geskiedenis ’n gepaste agtergrond vir die liedjie bied. “Ons voel regtig of ons nou ook ’n bietjie geskiedenis daar gemaak het. Ek en my vrou, Tanya Michelle, se missie is om sulke plekke te ‘uplift’ en nuwe lewe te gee – ek deur my musiek en sy deur haar passie vir dit.”

Kyk die musiekvideo hier:

Logan beplan om vanjaar meer vertonings te doen en selfs ’n toer of twee in te werk. “Ek hou daarvan om soveel as moontlik musiek te skryf en sal graag meer saam met ander kunstenaars en musikante wil werk. Ek wil mense se stories vertel en dalk selfs ‘n Engelse country-treffer of twee aanpak voor die jaar verby is.”

“Whiskey & Water, Rooiwyn of Jy” is vanaf 7 Maart beskikbaar op platforms soos YouTube, Spotify en Apple Music. Maak seker om dit te luister en Logan se musiekreis verder te volg!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.