Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Liefde By Die Dam

Arno Carstens oor LBDD: ‘Die beste van my in 45 minute’

Redaksiespan25 Oktober 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Op 16 November gaan die Kaap behoorlik sy litte losmaak by die jaarlikse Liefde by die Dam piekniek-styl konsert by Meerendal. Elf bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars en groepe gaan vanjaar die verhoog behoorlik laat vlamvat: Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Early B, Arno Carstens, Majozi, Karlien van Jaarsveld, Snotkop, Spoegwolf, Tasché, Lukraaketaar en Loki Rothman. Ons gesels met Arno Carstens oor nuwe musiek en wat konsertgangers van sy optrede kan verwag:

Wat kan fans verwag van jou Liefde by die Dam-optrede?

’n Melodiese avontuur van musiek geskryf oor ’n tydperk van 24 jaar, so die beste wat ek in 45 minute kan druk vir jou genot.

LEES OOK: Liefde by die Dam kom binnekort weer na die Moederstad 

Ons hou baie van jou album Die Aandblom13. Is daar planne vir nog nuwe Afrikaanse musiek?

Yes, ek het die volgende Afrikaanse album klaar geskryf, maar ons sal begin record vroeg 2020. So die tyd volgende jaar sal hy al uitwees. Ek is baie excited daaroor. Aandblom13 was verbasend goed so ek voel ’n bietjie persoonlike presure om die volgende een beter te maak, maar gelukkig omring ek myself met baie goeie producers en musikante, so kom ons kyk.

Vertel ons van jou skryfproses. Besluit jy, jy gaan nou sit en skryf? Of vind die liedjies jou enige tyd, enige plek?

Die idees kom maar die heeltyd. Ek maak voice notes dan skryf ek die voller weergawes wanneer ek tyd kry. Ek het ’n 100 idees, maar dis die 10 beste songs wat saam met my die lang pad slaan.

Wat is die beste raad wat iemand jou ooit gegee het?

Ek het my beste raad in die spieël gekry. Maak vrede met jou innerlike self vandaar af kom ’n eerlikheid wat jou sal tyd en trane spaar. 

Wat is die slegste raad wat iemand jou ooit gegee het?

James Small het vir my jare terug gesê: “Alle media is goeie media”. Well, for each to their own, maar bad vibes is nie die moeite werd vir my nie .  

Wat is die vreemdste ding wat al tydens n optrede gebeur het? 

Ek het een keer vir Charlize Theron en Sean Penn en hul vriende ’n birthday show gegooi. Soos hul ons talent op stage bewonder het kon ek nie help om te dink dis ’n ‘staring’ kompetisie tussen plaaslike musikante en Hollywood superstars nie. Baie surreal.

Wat is vir jou die hoogtepunte van jou loopbaan sover?

Die eerste keer wat jy jou song op die radio hoor,  jou eerste SAMA. Al die eerste kere, daarna raak “longevity” in dit self jou hoogtepunt.

Jy is ook ’n visuele kunstenaars. Waar het hierdie liefde onstaan?

Vir my loop alle vorme van kuns hand aan hand. Ek paint al my hele lewe lank, maar nou maak ek meer tyd daarvoor. Dis alles deel van die innerlike uiterlike struweling om ’n skildery of song te skep waarmee jy kan saamlewe.

Liefde by die Dam vind 16 November by Meerendal in Kaapstad plaas. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
Die gewilde Liefde by die Dam-konserte is terug!
Nóg ’n kans om kaartjies vir ‘Liefde by die Dam’ op te raap!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.