Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Liefde By Die Dam

Liefde by die Dam kom weer na die Moederstad!

Redaksiespan13 Augustus 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die immergewilde Liefde by die Dam-konsert wat elke jaar by Emmarentia Dam in Johannesburg aangebied word, maak ook nou elke jaar ’n draai in die Wes-Kaap. 

Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Die program sorg vir die lekkerste musiek vir jonk en oud, ’n ideale musiekbelewenis vir die hele gesin of ’n lekker dag uit saam met goeie vriende.

Agt bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars en groepe gaan vanjaar die verhoog behoorlik laat vlamvat: Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Early B, Arno Carstens, Majozi, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Loki Rothman. Die MC is die komediant Schalk Bezuidenhout.

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, ook een van die organiseerders van Liefde by die Dam, sê: “Meerendal met die wynlande en berge as prentjiemooi agtergrond is die ideale venue vir ons Kaapse konsert. Hierdie jaar maak ons meer spasie vir konsertgangers en daar sal ook meer kroeg-fasiliteite wees. Kom kuier saam!”

Liefde by die Dam gaan ook hand aan hand met ’n bietjie liefde gee. Liefde Wen samel na die afloop van die konsert komberse in vir minderbevoorregtes. Greeff sê: “Ons help graag ander; bring jou kombers en los dit na die konsert agter. LiefdeWen sal seker maak dit kry die regte huis.”

Kom deel in ’n heerlike, gesellige musiek-dag by die dam – bring piekniek mandjies. Daar sal ook ’n verskeidenheid kosstalletjies wees.

KAARTJIES:

Early bird: R95 – UITVERKOOP

Algemeen: R195

Kinders 3 tot 12: R75

Kinders onder drie: Gratis

BBP: R795 (Geniet Liefde By Die Dam 2019 in styl met prioriteit ingang. Ontspan in die BBP-area met ’n bietjie skaduwee, sitplekke en privaat toilette. Alle kos en alle drankies is ingesluit by die BBP-kaartjie.)

Klik hier vir kaartjies.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
Die gewilde Liefde by die Dam-konserte is terug!
Nóg ’n kans om kaartjies vir ‘Liefde by die Dam’ op te raap!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.