Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Proe’toria

Proe’toria bied weer wyn, kos en vermaak uit boonste rakke

Redaksiespan6 Junie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Daar is nie ’n beter manier om die lente af te skop as met ’n uitstappie wat die hele gesin sal geniet nie.

Suid-Afrika se grootste proe- en vermaakfees, Proe’toria, is terug en hierdie jaar gaan dit nog groter en beter wees as ooit tevore. Nie net kan feesgangers vanjaar uitsien na die beste kos-, lekkerny-, kuns-, jenewer-, kunsbier- en wynstalletjies nie, maar ook na die grootste name in die musiek- en kosbedryf op een verhoog.

Die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine sal op 31 Augustus 2019 die tuiste wees van een van die lekkerste en grootste buitelugfeeste wat Gautengers nóg ervaar het.

“Hierdie jaar beloof om die beste Proe’toria ooit te wees. Oudergewoonte sal daar meer as ’n honderd verskillende kos- en drankstalletjies wees, asook hope vermaak vir die kinders en topklas kunstenaars op die verhoog,” vertel EPH Group se Leon Pheiffer. “Hierdie jaar word daar meer klem geplaas op die ‘proe’ van Proe’toria. Die stalletjie-eienaars gaan so gaaf wees om feesgangers die geleentheid te gee om hulle kos, drankies en lekkernye te proe. ’n Paar bekendes in kosmaakwêreld gaan ook hulle beste kosmaakgeheime op die verhoog kom deel. Daar gaan ook een groot wyntent wees, waar wynliefhebbers kan saam kuier.”

Wynplase en uitstallers, van regoor die land, gaan deel wees van dié geleentheid en sluit verskaffers in soos Dors Water, The Java House, The Pizza Wagon,Foodboyz, Mainstream Brewing Company, Lekker Spookasem en vele meer.

Buiten vir die eet- en drinkgoed, kan die publiek kan ook daarna uitsien om gedurende die dag vermaak te word deur bekendes soos Dewald Wasserfall,Roan Ash, Demi Lee Moore, Corlea, Touch of Class, Joe Foster, Georgetown, Jemma, Deevah en Karlien van Jaarsveld. “Dis vir my alles waarvan ons Suid-Afrikaners hou op een plek saamgevat. Lekker eet, lekker drink en lekker vermaak. Sien julle daar,” voeg Ruhan du Toit van Touch of Class by oor die vierde jaarlikse Proe’toria-fees.

Deur deel te wees van dié spesiale dag, doen jy ook jou deel vir liefdadigheid, omdat van die fondse op die dag geskenk sal word om ’n diereorganisasie te help met die wonderlike werk wat hulle vir hawelose diere doen.

Feeshekke sal om 09:00 op die dag open en die vermaak sal tot 20:00 aanhou. Kaartjies is nou reeds beskikbaar vir diegene wat vinnig spring en gebruik wil maak van die spesiale vroeëbesprekingsaanbod (geldig tot 30 Junie 2019) op Tixa. Toegang vir kinders onder agtien is R80 en volwassenes wat nou bespreek, sal slegs R120 per persoon betaal. Die gewone prys vir aanlynbesprekings sal R150 per volwassene en R100 per kind beloop en op die dag sal kaartjies teen R180 per volwassene en R120 per kind verkoop.

Proe’toria word trots aangebied in samewerking met EPH Events.

Kom sluit die winter op ’n hoë noot af en bederf jou gesin of vriendegroep met ’n prettige uitstappie wat hulle vir nog baie lank sal onthou. Dit is immers nie elke dag wat jy die kans kry om die beste kos, drank en vermaak op een plek raak te loop nie!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Vierde Proe’toria is om die draai!
Proe’toria: ’n Potjiekos vir Touch of Class se Deon
Proe’toria: Dít prikkel Karlien van Jaarsveld se sintuie
Dewald Wasserfall bring ‘elektrisiteit’ na Proe’toria

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.