Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Proe’toria: ’n Potjiekos vir Touch of Class se Deon

FOTO: Verskaf

Hy is nie net ’n kranige kitaarspeler nie, hy’s ook lief vir ’n goeie pot! Ons moes net gaan aanklop het by Touch of Class se Deon van der Merwe om meer uit te vind oor vanjaar se Proe’toria en sy gunstelinge. 

Hoeveelste keer is dit vir julle by Proe’toria? 

Dis ons tweede keer.

Waarna kan feesgangers uitsien tydens jul konsert? 

Feesgangers kan weer eens uitsien na ’n wye verskeidenheid musiek in die tipiese Touch of Class tradisie, wat strek van Pop tot Rock tot oorspronklike Afrikaanse musiek.

Wat laat jul sintuie prikkel? 

’n Lekker potjie is Deon se gunsteling.

Gunsteling kos? 

Potjiekos.

Gunsteling drankie?

Koffie liqueur. 

Waarom moet feesgangers dadelik kaartjies koop?

Dis ’n wonderlike dag waartydens die hele gesin hulself kan vermaak.

Die Proe’toria-fees word op 31 Augustus aangebied. Kaartjies is nou te koop op tixsa.co.za.