Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Proe’toria»Vierde Proe’toria is om die draai!
Proe’toria

Vierde Proe’toria is om die draai!

Redaksiespan28 Augustus 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

“Ek glo kos en kultuur is wat ons gemeenskap die beste bind en kan laat ontsnap uit die stres van die alledaagse lewe. Watter beter plek is daar dan ook nie om albei te geniet, as in die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine – saam met vriende, familie, lekker kos en goeie musiek- nie? Kom ontsnap saam vir ’n fantastiese dag in die stad,” sê Joe Foster oor die vierde jaarlikse Proe’toria-fees in Gauteng, waarvan hy een van die uitgesoekte sangers is wat gaan optree. 

Op 31 Augustus 2019 vier EPH Events die Lente met die grootste proe- en vermaakfees wat die land nóg gesien het. “Hierdie jaar beloof om die beste Proet’toria ooit te wees. Oudergewoonte sal daar meer as ’n honderd verskillende kos- en drankstalletjies wees, asook hope vermaak vir die kinders en topklas kunstenaars op die verhoog,” vertel EPH Group se Leon Pheiffer.

Nie net kan feesgangers vanjaar uitsien na die beste kos-, lekkerny-, kuns-, jenewer-, kunsbier- en wynstalletjies nie, maar ook na die grootste name in die musiek- en kosbedryf op een verhoog, waaronder Dewald Wasserfall, Roan Ash, Demi Lee Moore, Corlea, Touch of Class, Georgetown, Jemma, Deevah, Karlien van Jaarsveld en vele meer! ’n Paar bekendes in kosmaakwêreld gaan ook hulle beste kosmaakgeheime met die publiek kom deel.

Om dinge nog meer interessant te maak, sal dié geleentheid ook met vier verskillende feesverhoë spog, naamlik:

– Die Hoofverhoog;

– Die Wyntuin met Emil Paul, Pierre Nel en 2nd Life School of Music se studente;

– Die Biertuin met WG Nel en Silver Creek Mountain Band; en

– Die Kooktuin met deelnemers van Kokkedoor Seisoen 3.

Wynplase en uitstallers, van regoor die land, gaan deel wees van dié geleentheid en sluit verskaffers in soos Dors Water, The Java House, The Pizza Wagon, Foodboyz, Hazeldean Brewing Co. en Lekker Spookasem, om maar net ’n paar te noem, en besoekers gaan vanjaar ook eers kan proe voordat hulle koop.

“Hazeldean Brewing Co. gaan oor plaaslike kunsbier, soos wat dit ook deur ons handelsmerk uitgebeeld word. Daarom is ons vreeslik in ons noppies om deel te wees van ’n unieke Pretoriaanse geleentheid soos Proe’toria! Kom ondersteun plaaslike produkte en help ons om te bou aan ’n uitsonderlike kos-, drankie- en kunsgemeenskap in die Jakarandastad,” verklap dié kunsbiervervaardiger die rede hoekom hulle besluit het om ’n stalletjie by hierdie fees te neem. 

Feeshekke sal om 09:00 op die dag open en die vermaak sal tot 19:00 aanhou. Kaartjies is nou teen ’n afslagprys beskikbaar as jy vooraf aanlyn bespreek. Toegang vir kinders onder agtien is gratis, studente met ’n geldige studentekaart kan ingaan vir R80, pensioenarisfooie is R100 per persoon en volwassenes (ouer as twaalf) sal slegs R150 per kaartjie betaal. Op die dag, sal kaartjies by die hekke teen R180 per volwassene verkoop. 

As jy ’n bietjie skouers met van die bekendes wil skuur, ouer is as agtien en ’n paar ekstra voordele wil geniet, is BBP-kaartjies ook aanlyn te koop teen R550 per persoon!

Bankkaarte gaan ook vir veiligheid en gerief koning kraai tydens die fees, met behulp van Cashless King, en geen kontant sal by stalletjies aanvaar word nie.

Proe’toria is beslis die lekkerste manier om ’n kuier saam met vriende en familie te kombineer met die beste kos, drank en vermaak in die land. So waarvoor wag jy, bespreek nou jou plek vir die uitstappie van die jaar. Jy sal nie spyt wees nie!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Proe’toria: ’n Potjiekos vir Touch of Class se Deon
Proe’toria: Dít prikkel Karlien van Jaarsveld se sintuie
Dewald Wasserfall bring ‘elektrisiteit’ na Proe’toria
Proe’toria bied weer wyn, kos en vermaak uit boonste rakke

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.