Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Madeliefie Makietie

Madeliefie Makietie trek ’n vars baadjie aan op Strandfontein!

Redaksiespan14 Julie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Stof solank jou feesskoene af vir die immergewilde Madeliefie Makietie-fees wat vanjaar met ’n nuwe tuiste spog en vir die eerste keer op die bekoorlike Weskus-stranddorp Strandfontein gehou gaan word.

Die fees vind op Vrydag, 29 en Saterdag, 30 September plaas en 15 van ons land se top kunstenaars gaan op die verhoog wees. Dít sluit Bobby van Jaarsveld, Willem Botha, Die Broers, Pieter Koen, Andriëtte, Leah, Brendan Peyper, Lianie May, Juanita du Plessis, Jay, Neil Somers, Klikkerland, Lollos en Dobbelsteun en Lee Scott in.

“Dit is my heel eerste keer wat ek op Strandfontein, die juweeldorpie van die Weskus, gaan optree. Ek en my orkes sien baie uit daarna omdat die Weskus my baie na aan die hart lê en so ongelooflik mooi is. Ek kan regtig nie wag vir die fees nie,” sê ’n opgewonde Bobby van Jaarsveld.

Kaartjies vir vanjaar se fees is reeds by Computicket beskikbaar. As jy voor 31 Augustus by enige Computicket, Shoprite/Checkers of House & Home of aanlyn koop, kry jy 20% afslag met EarlyBird-kaartjies vir dag- of naweekbesoekers.

’n Nuwe opwindende toevoeging tot die fees is, Weskus Touchies. Die wedstryde sal op die Strandfontein-strand voor die lewensreddersgebou gehou word en spanne kan tussen 10:00 en 14:00 op 29 September inskryf. Jou span moet uit sewe spelers bestaan en inskrywings is R250 per span. Boonop is groot pryse op die spel.

Nóg ’n toevoeging tot die fees is die olifant-staproete wat Saterdag, 30 September, om 08:00 aangebied word. ’n Plaaslike gids sal stappers vergesel. Dié roete is 4 km lank en sal drie ure neem om te voltooi. Stappers moet hul eie toerusting en water/versnaperinge saambring. Skenkings ten bate van die Strandfontein Belastingbetalersvereniging van R10 per volwassene en R5 vir kinders, 7 jaar en ouer sal gevra word.

Mej. Madeliefie sal vanjaar op Woensdag, 6 September, om 19:30 by die sportsaal op Vredendal plaasvind. Die kaartjies vir die geleentheid beloop R200 per persoon en sluit ’n heerlike ete in. Die tema van die geleentheid is Moroccan nights en die kleredrag is semi-formeel/Marokkaans. Die gewilde Juan Boucher is die gaskunstenaar wat die gehoor deur die loop van die aand gaan vermaak. Diegene wat graag wil deelneem aan Mej. Madeliefie, meer oor die reëls van die kompetisie wil lees en ook die inskrywingsvorm aanlyn wil voltooi, kan so maak op die Madeliefie Makietie-webblad.

Besoek www.madeliefiemakietie.co.za vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word of by 0861 915 8000.

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram.

Klik hier vir nóg MadeliefieMakietie-nuus op afrmusieknuus.co.za

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Country-legendes skop Strandfontein-fees af!
Madeliefie Makietie terug op Strandfontein
Madeliefie Makietie herskryf resep vir feeshou op Strandfontein
Is jou feesskoene al afgestof vir Madeliefie Makietie 2017?

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.