Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings

Nóg ’n kategorie vir Aitsa-Afrikaanse Musiektoekennings

Redaksiespan7 Mei 2024
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Inskrywings vir die gewilde Aitsa-Afrikaanse Musiektoekennings stroom steeds in en kunstenaars, liedjieskrywers en vervaardigers word uitgenooi om nog in te skryf tot en met middernag op 13 Mei 2024.

Die Uitvoerende Voorsitter van Pretoria FM en trustee van die Aitsa Trust, Willie Spies, sê die Aitsa Toekennings het in die verlede groot belangstelling uitgelok en bou voort op die suksesresep van die vorige jare. “Ons hoop om vanjaar weer die rekords te oortref wat inskrywings betref,” het hy gesê.

LEES OOK: Aitsa-Afrikaanse Musiektoekennings 2024: Skryf nóú in!

Vanjaar is ’n splinternuwe kategorie geskep vir Ballade van die Jaar.  Afrikaanse ballades is ’n unieke, maar baie gewilde genre van Afrikaanse musiek en spesifiek ook vir Pretoria FM. Hierdie musiek verteenwoordig ’n baie besondere kunsvorm wat musiek met Afrikaanse digkuns kombineer. 

Die nalatenskap van legendes soos Koos du Plessis, Laurika Rauch, Jannie du Toit en vele ander leef voort in hierdie genre. Dikwels haal musiek in hierdie genre nie die meeste stromings of luistersyfers nie, maar die besondere gehalte daarvan noodsaak behoorlike erkenning by wyse van ’n spesiale Aitsa-kategorie.

Hy sê verder dat hul ervaring is dat die kategorie Kontemporêre Liedjie van die Jaar gewoonlik baie inskrywings lok vanuit uiteenlopende genres wat dikwels moeilik vergelykbaar is met mekaar, wat daartoe kan lei dat unieke genres nie tot hul reg kom nie.

“Ons ervaring uit terugvoer was egter dat verskeie platemaatskappye en kunstenaars steeds die behoefte voel om in ’n algemene kontemporêre liedjie van die jaar kategorie in te skryf en daarom is hierdie kategorie weer ingestel sodat inskrywings spesifiek in hierdie kategorie ook ingestuur kan word. 

Ons is opgewonde om bekend te maak dat die Aitsas 2024 hierdie jaar dus beide genres sal akkommodeer deur inskrywings vir Ballade van die Jaar, asook Kontemporêre Liedjie van die Jaar te verwelkom.”

Die nodige aanpassing is aan die inskrywingsvorm gemaak en is beskikbaar op www.pretoriafm.co.za.

Die Aitsa Toekenningsgeleentheid vind hierdie jaar plaas op 18 September 2024 by die 3Ci Ouditorium en die publiek word ook uitgenooi om die geleentheid by te woon. Kaartjies is reeds beskikbaar op www.itickets.co.za. ’n Beperkte hoeveelheid (500) kaartjies is vir ’n verminderde bedrag van R150 per kaartjie beskikbaar en hierdie kaartjies is reeds byna uitverkoop. Om teleurstelling te voorkom, moet die spesiale tarief kaartjies gou-gou aangeskaf word voor dit uitverkoop. Die normale kaartjie tarief wat ten opsigte van die oorblywende kaartjies gaan geld is R250.

Die kunstenaars wat by vanjaar se Aitsa-Toekennings aand gaan optree. FOTO: Facebook via Pretoria FM

“Ons is opgewonde oor die toekoms van Afrikaanse musiek en daarmee saam die uitbreiding van kategorieë om die room in die Afrikaanse musiekbedryf op grond van hul uitmuntende prestasies, te beloon.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2024: Hier is die benoemdes
Aitsa-Afrikaanse Musiektoekennings 2024: Skryf nóú in!
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2021: En die wenners is…
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2021: Hier is die benoemdes…

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.