Afrikaanse musikante en kunstenaars het weer iets om na uit te sien in 2021.
Die Aitsa Trust het bekend gemaak dat die toekenningsgeleentheid in ’n aangepaste formaat vir 2020/21 sal voortgaan, nadat verlede jaar weens inperkingsregulasies uitgestel moes word.
Die Uitvoerende Voorsitter van die Pretoria FM Direksie en trustee van die Aitsa Trust, Willie Spies, sê daar is besluit om die Aitsa Toekennings vanjaar weer aan te bied na die reuse-sukses van die eerste geleentheid in Oktober 2019.
“Ons het besluit om ’n paar aanpassings te maak, maar om vanjaar, in samewerking met Pretoria FM daarmee voort te gaan. Dit is belangrik om hoop te skep te midde van die moeilike omstandighede waarin kunstenaars hulle tans bevind as gevolg van die inperkings en verbod op geleenthede om op te tree en ’n inkomste te verdien.”
Die wenners sal op die 1ste Desember tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak word en dit sal ook regstreeks op radio en sosiale platforms wêreldwyd uitgesaai word.
’n Kontrantprys van R10 000, asook ’n trofee wat spesiaal vir die Aitsa’s ontwerp is, sal in elke kategorie op die spel wees.
Hier is die benoemings:
BOEREMUSIEK LIEDJIE VAN DIE JAAR
Die Bosveldbul – Ricus Nel
Die Ou Waenhuis – Henning Joubert
Vat Hom Pappie – Hennie de Bruyn & Die Kitaarkêrels
Ratkas Vastrap – Die Ventertjies
Platboom Polka – Ricus Nel
Huistoe – Klipwerf Orkes
GEESTELIKE LIEDJIE VAN DIE JAAR
Die Seën – Riana Nel ft. Retief Burger
Toevlug – Len Muller ft. Stella
Boer se Geloof – MD Greyling
Hou Aan Met Glo – Dewald Gouws ft. Jannie Moolman
Hou Die Hemel Oop – Riana Nel
Ons Koning Kom – Willie en Natasha Joubert
INSTUMENTALE LIEDJIE VAN DIE JAAR
The Nights – CH2
Toss the Feathers – Strings on Fire
Sojourn – CH2
Laat Aand Boogie – Vatvas Dansorkes
Tico-Tico – Strings on Fire
Black Pearl – CH2
LIEDJIESKRYWER VAN DIE JAAR
Hou Die Hemel Oop [Liedjieskrywer: Riana Nel]
Dag en Nag [Liedjieskrywer: Elandré Schwartz]
Boerepompie [Liedjieskrywers: Ricus Nel, Francois Henning, Don Kelly, Adolf Vorster, Dirk van Niekerk]
Rugsak [Liedjieskrywer: Elandré Schwartz]
Ek Dink Ek Mis Maar Net Jou Hart [Liedjieskrywer: Juan Boucher]
Gooi Nog ’n Whisky [Liedjieskrywers: Riaan Benadé, Paulo Azevedo, Georic Lomas]
NUWELING VAN DIE JAAR
Riaan Benadé – Spontaan
Jack & June – Steek Ons Liefde Aan Die Brand
Christia Visser – 17 Shots
Bernice West – Sonop-Blom
Janie Bay – Amper Daar
Margot – Tydelike Afleiding
MUSIEKVIDEO VAN DIE JAAR
Gooi Nog ’n Whisky – Riaan Benadé [Johan C Venter, Christian Wolf]
Ons Sal Self – Verskeie Kunstenaars [Johan C Venter, Christian Wolf]
Boerepompie – Ricus Nel ft. Snotkop [Christian Wolf]
Waar Die Wind My Waai – Elandré [Christian Wolf]
Verander – Spoegwolf [Spoegwolf]
Monumentaal – Ruhan du Toit [Johan C Venter, Christian Wolf]
ALTERNATIEWE/ROCK LIEDJIE VAN DIE JAAR
Binne en Buite – Elandré
Verander – Spoegwolf
Nie Stilstaan Nie – Vanilla
Bellevlei – Spoegwolf
Ons Moet Leef – Die Heuwels Fantasties ft. Ampie
Tydelike Afleiding – Margot Rothman
VERVAARDIGER VAN DIE JAAR
Dirk van Niekerk – Binne en Buite [Elandré]
Robin Kiley – Sonop-Blom [Bernice West]
Jurgen von Wechar en Chris von Wielligh – Verander [Spoegwolf]
Juan “Floors” Oosthuizen – Spontaan [Riaan Benadé]
Murray Lubbe – Nonna [Appel]
Dirk van Niekerk – Boerepompie [Ricus Nel ft. Snotkop]
POPLIEDJIE VAN DIE JAAR
Dag en Nag – Elandré
Spontaan – Riaan Benadé
Boerepompie – Ricus Nel ft. Snotkop
Maak my jou Tequila – Demi Lee Moore
Pens en Pootjies – Snotkop
Lieg vir My – Riaan Benadé
KONTEMPORÊRE LIEDJIE VAN DIE JAAR
Monumentaal – Ruhan du Toit
Waar die wind my waai – Elandré
Ons maak Saak – Brendan Peyper, Elandré, Refentse en Christia Visser
Spring (Live) – Jo Black
Dis Tyd – Juanita du Plessis
Sonop-Blom – Bernice West
AFRIKAANSE LIEDJIE VAN DIE JAAR
Spontaan – Riaan Benadé
Boerepompie – Ricus Nel ft. Snotkop
Sonop-Blom – Bernice West
Hou die Hemel oop – Riana Nel
Binne en Buite – Elandré
17 Shots – Christia Visser
KUNSTENAAR VAN DIE JAAR
Appel
Bernice West
Elandré
Riaan Benadé
Riana Nel
Ricus Nel
- Die Aitsa’s word op Woensdag, 1 Desember 2021 uitgedeel.
