Die benoemdes vir die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings is pas bekendgemaak.
Die toekenningsgeleentheid vind hierdie jaar plaas op 18 September 2024 by die 3Ci Ouditorium in Pretoria en die publiek word ook uitgenooi om die geleentheid by te woon. Kaartjies is reeds beskikbaar op www.itickets.co.za.
’n Beperkte hoeveelheid (500) kaartjies is vir ’n verminderde bedrag van R150 per kaartjie beskikbaar en hierdie kaartjies is reeds byna uitverkoop. Om teleurstelling te voorkom, moet die spesiale tarief kaartjies gou-gou aangeskaf word voor dit uitverkoop. Die normale kaartjie tarief wat ten opsigte van die oorblywende kaartjies gaan geld is R250.
Hier is die benoemdes vir vanjaar:
Klassieke snit van die jaar
- Deurgrond – Franco Prinsloo en die Vox Chamber Choir
- Non Piú Andrai – Andries Aldrich
- Sonvanger – Franco Prinsloo en die Akademia Koor
Kletsrym liedjie van die jaar
- Janneman – Biggy
- Marakas – Snotkop
- Oh La La – Loufi en Jack Parow
- Skud Jou Biscuit – Early B
Alternatiewe/rock liedjie van die jaar
- Niks Om Oor Huis Toe Te Skryf Nie – Die Heuwels Fantasties en Demi Lee Moore
- #23 – Lisie Basson
- Vlam In Die Wind – Barto
- Terapie Vir Nou – Zaan Sonnekus
- Goeie Ou – Schwabie en Henru
- Liefde, Laat – Spoegwolf
Vervaardiger van die jaar
- Ruan Graaff en Paulo Azevedo – Wat Nou? (Gesing deur Riana Nel)
- Ruan Graaff en Paulo Azevedo – Ek Wonder (Gesing deur Riana Nel)
- Johnny de Ridder – Niks Om Oor Huis Toe Te Skryf Nie (Gesing deur DHF en Demi Lee Moore)
- Juan (Floors) Oosthuizen, Paulo Azevedo en Riaan Benadé – Boksemdais (Gesing deur Riaan Benadé)
- Elvis Blue en Jake Odendaal – Die Langpad Gee Nie Om Nie (Gesing deur Elvis Blue)
- Gideon Botes – By My (Gesing deur Joshua Na Die Reën)
Instrumentale snit van die jaar
- Eye Of The Tiger – Scheppel
- Neverending – Jacques Rautenbach
- Time – The Traveller
- Sonvanger – Ryan Walt
- Cotton Eye Joe – Ultracoustic
Boeremusiek snit van die jaar
- Wals Met Oom Kosie – Kaapland Boereorkes
- Rudie se Tokkel – Vatvas Dansorkes
- Rooikappie – Blackie Swart
- Jy Is Gemaak Vir My – Zander van Wyk
Liedjieskrywer van die jaar
- Karlien van Jaarsveld – Als Is Okay (Gesing deur Karlien van Jaarsveld)
- Riana Nel – Ek Wonder (Gesing deur Riana Nel)
- Riaan Benadé – Boksemdais (Gesing deur Riaan Benadé)
- Johnny de Ridder, Hunter Kennedy, Pierre Greeff, Demi Lee Moore en Barthlo Visagie – Niks Om Oor Huis Toe Te Skryf Nie (Gesing deur DHF en Demi Lee Moore)
- Elvis Blue – Die Langpad Gee Nie Om Nie (Gesing deur Elvis Blue)
- Danie du Toit – Liefde, Laat (Gesing deur Spoegwolf)
Geestelike liedjie van die jaar
- Amen – Amira en Ndlovu Youth Choir
- Ek Wonder – Riana Nel
- Net Een Naam – Retief Burger
- Die Groot Gees van Hemel en Aarde – Joshua Na Die Reën en Universiteit van Pretoria Camerata
- Weerklink – Esté Gross
- As Hy Weer Kom – Bernice West
Musiekvideo liedjie van die jaar
- Johan C Venter, Eric T Graham en Tehan Buys – Helemal (Gesing deur Chris Steyn)
- Johan C Venter, Eric T Graham, Tehan Buys en Demi Lee Moore – Hart Breek (Gesing deur Demi Lee Moore)
- Johan C Venter en Morné Coetzee – Boksemdais (Gesing deur Riaan Benadé)
- Eric T Graham – Liewe Jinne (Gesing deur Juanita du Plessis)
- Altin Ferreira – Soen Soos Wat Jy Dans (Gesing deur Brendan Peyper)
- Kyle White – Vlerke (Gesing deur Eloff)
Album van die jaar
- Helemal – Chris Steyn
- Wille Ding – Appel
- Almal Gly – Die Piesangskille
- Estetika – Elandré
- My Mense – Ilán van Staden
- Wysers – Ruan Josh
Nuweling van die jaar
- Chris Steyn
- ONS
- Annelie
- Armand Barnard
- Die Piesangskille
- Bibi
Ballade liedjie van die jaar
- Mag Ek Jou Laaste Wees – Ruhan du Toit
- Romy – Steve Hofmeyr
- Sterre – Spoegwolf
- Suid – Juan Boucher en Tashé
- Vergaan – Barto
- Waar Ek Hoort – Liezel Pieters
Kontemporêre liedjie van die jaar
- Als Is Okay – Karlien van Jaarsveld
- Buffel van Buffelsfontein – Appel
- Dis Raak – Bok van Blerk
- Helemal – Chris Steyn
- Khaki – Ricus Nel
- Stoom – Riaan Benadé
Pop liedjie van die jaar
- Foute – Appel
- Hart Breek – Demi Lee Moore
- Die Afrikaner Maak So – Bernice West en Bok van Blerk
- Liewe Jinne – Juanita du Plessis
- Inge 2 – Die Piesangskille
- Vlerke – Eloff
My kunstenaar van die jaar (publiek)
- Demi Lee Moore
- Chris Steyn
- Riaan Benadé
- Bernice West
- Eloff
- Jennifer Zamudio
- Bok van Blerk
- Millennium
- Nádine
- Juanita du Plessis
- Kaapland Boereorkes
- Riaan Grobler en Jomari
