Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Toekennings»Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings»Aitsa-Afrikaanse Musiektoekennings 2024: Skryf nóú in!
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings

Aitsa-Afrikaanse Musiektoekennings 2024: Skryf nóú in!

Redaksiespan1 April 2024
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Dit is weer tyd vir die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings en kunstenaars, liedjieskrywers en vervaardigers word uitgenooi om in te skryf in die onderskeie kategorieë.

Alle nuwe uitreikings vir die tydperk 1 April 2023 tot 31 Maart 2024 mag ingeskryf word. Inskrywings vir alle kategorieë open op 1 April 2024 en sluit om middernag op 13 Mei 2024.

KLIK HIER OM ’N INSKRYWINGSVORM AF TE LAAI

Die publiek word uitgenooi om te kom deel in die skouspel en kaartjies vir die geleentheid wat op 18 September 2024 by die 3Ci Ouditorium in Pretoria aangebied word, sal vanaf 26 April 2024 op iTickets beskikbaar wees. 

Kunstenaars wat gaan sorg vir ’n onvergeetlike aand is Bok van Blerk, Demi Lee Moore, Chris Steyn, Spoegwolf, Bernice West, Barto, Elandré, Joshua na die Reën, Zaan Sonnekus en die Vox Kamerkoor.

Die Uitvoerende Voorsitter van Pretoria FM en trustee van die Aitsa Trust, Willie Spies, sê die Aitsa Toekennings het in die verlede groot belangstelling uitgelok en ons bou voort op die suksesresep van die vorige jare. “Ons is dankbaar dat die mark weer begin normaliseer en daarom is daar besluit om weer die kategorie Album van die Jaar by te voeg as deel van hierdie jaar se inskrywings.”

Die publiek sal weereens geleentheid kry om vir hul gunsteling kunstenaar te stem in die kategorie MyKunstenaar: Volgens Publieke Stemme.

Kunstenaars kan self inskryf of kan deur hulle onderskeie platemaatskappye ingeskryf word. Die kategorieë waarvoor ingeskryf kan word is:

  • Nuweling van die Jaar
  • Ballade van die Jaar
  • Pop Liedjie van die Jaar
  • Geestelike Liedjie van die Jaar
  • Kletsrym Liedjie van die Jaar
  • Alternatiewe/Rock Liedjie van die Jaar
  • Boeremusiek Snit van die Jaar
  • Klassieke Snit van die Jaar
  • Instrumentale Snit van die Jaar
  • Musiekvideo van die Jaar
  • Liedjieskrywer van die Jaar
  • Vervaardiger van die Jaar
  • Album van die Jaar

KLIK HIER VIR DIE KRITEARIA VIR 2024 SE INSKRYWINGS

Alle inskrywings sal deur ’n paneel kundiges in die musiekbedryf beoordeel word waarna ’n maksimum van ses finaliste in elke kategorie aangewys word. Die beoordelingskomitee vir 2024 sal bestaan uit 4 onafhanklike beoordelaars en die beoordelingsproses word gemonitor deur die Aitsa Trust se ouditeur. 

Twee ekstra onafhanklike beoordelaars word betrek spesifiek vir die kategorieë Vervaardiger van die Jaar en Musiekvideo van die Jaar. “Ons is opgewonde oor die toekoms van Afrikaanse musiek en daarom is dit belangrik dat ’n onafhanklike geleentheid soos die Aitsas ’n platform skep waar die room in die Afrikaanse musiekbedryf op grond van hulle uitmuntende prestasie, beloon word.”

Kyk hier na die hoogtepunte uit 2023 se toekenningsaand:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2024: Hier is die benoemdes
Nóg ’n kategorie vir Aitsa-Afrikaanse Musiektoekennings
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2021: En die wenners is…
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2021: Hier is die benoemdes…

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.