Die bekende Staan Sterk In Afrikaans-konsert, ’n jaarlikse viering van onafhanklike kunstenaars in die Afrikaanse musiekindustrie, keer in 2024 terug na die verhoog vir ’n aangrypende aand van musiek. Hierdie jaar se geleentheid vind plaas op 20 April 2024 by die AfriForum Teater in Pretoria.
Die konsert, bereik sy vierde jaar van bestaan en vuur as ’n hoogs verwagte gebeurtenis op die Suid-Afrikaanse musiekkalender is, bring ’n indrukwekkende samestelling van onafhanklike kunstenaars saam. Hierdie musikante, met ’n passie vir die Afrikaanse taal en kultuur, gemeenskaplike doel – om saam te staan en ’n boodskap van eenheid en nasionale trots oor te dra.
Die kern van die Staan Sterk In Afrikaans-konsert is die oortuiging dat saam is ons sterker as een. “Hierdie geleentheid dien as ’n platform vir onafhanklike musikante om hul kreatiwiteit te deel, hul stemme te laat hoor en saam,” het Anton Fitchat, een van die organiseerders, gesê.
Staan Sterk In Afrikaans 2024 beloof om ’n opwindende vertoning te wees met indrukwekkende kunstenaars, soos Anton Fitchat, Mia, Karlien Husselman, Dihan, Dwayne Griffin, Saarkie, Tilly, Daniel Hoffmann, Tiffany Steyn, Franco Van Zyl, Marietjie Du Plessis, Melissa van Jaarsveld, Ricardo Muller, Riempies, Sean Miles, Elzabi Buek, Gideon Van Vollenstee, Kosie Beukes, Carla-Lee, Renaldo, Marius D, 4Eva Young Band, JayCee-Crause en Morne Van Der Sandt. Die verhoog sal ook aangevul word deur die vaardighede van die ervare aanbieders Jaenette Jacobs, Ruan Sinden en Liam van Vuuren, wat die aand se gees en energie sal aanstuur.
In hierdie skouspel van klank en gees, eer ons nie net die huidige generasie van kunstenaars nie, maar wys ons ook ons waardering vir die ryk erfenis van ons nasie, met ’n besondere fokus op die oordrag van hierdie erfenis aan die volgende generasie. Elke jaar word daar ’n huldeblyk aan ’n kunstenaar gebring wat ’n groot verskil gemaak het in die Afrikaanse Musiekbedryf. En die jaar word daar hulde gebring aan Min Shaw.

Die Staan Sterk In Afrikaans-konsert is ’n belewenis van musikale vreugde, saamhorigheid en ’n erkenning van die krag van selfstandige kunstenaars om ’n impak te maak. Hierdie jaarlikse een aand gebeurtenis is vir elke Afrikaanse musiekliefhebber, waar ons saam staan, saam sing, en saam ons trots is op AFRIKAANS.
- Kaartjies vir die konsert is nou te koop teen R150 per persoon.