Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Ruhan du Toit kry die kuiers aan die gang met ‘Ek Hou Van’

Redaksiespan21 Februarie 2025
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ruhan du Toit, bekend vir sy sielvolle en patriotiese liedjies, verras weer sy aanhangers met ’n nuwe kuierliedjie. Ná die sukses van “Kan ’n Man” steek hy weer die braaivleisvuur aan met sy nuutste enkelsnit, “Ek Hou Van” – ’n liedjie wat die eenvoudige plesiertjies van die lewe vier en luisteraars aanmoedig om net hulself te wees.

LEES OOK: Ruhan du Toit stof bekende FAK-liedjie af!

“Dis die erkenning van al die aardse goedjies waarvan ons hou, spesifiek gemik op die Suid-Afrikaner,” sê Ruhan oor dié liedjie. “Op die ou einde hou ek die meeste van ‘jou’ – en dis vir die luisteraar om te besluit wie daardie ‘jou’ is.”

Die liedjie bring ’n nostalgiese boeremusiek-klank met ’n speelse en stouterige aanslag. “Ek het al ’n rukkie so op die rant hiervan aangekom met ‘FAK’ en ‘Kan ’n Man’, so dit het natuurlik gevoel om nóg een van daardie uit te bring,” verduidelik hy.

“Ek Hou Van” is ’n Coleske-spanpoging met ’n indrukwekkende lys medewerkers. Die liedjie is geskryf deur wyle Johan Oberholzer. Ruhan het self eers die liedjie vervaardig waarna dit deur Juan “Floors” Oosthuizen en Murray Lubbe verder afgerond is. Agtergrondstemme is verskaf deur Marco van Deventer (ONS), Arnold Coleske, Georic Lomas, Lisie Basson en Bella Coleske. Die stemwerk is opgeneem in die Coleske-ateljee deur Paulo Azevedo en Arnold Coleske.

Saam met die liedjie word ’n musiekvideo vrygestel wat talle bekende gesigte insluit, insluitend Chris Steyn en sy pa Rene, Monique Steyn se man Robbie, Marco van Deventer, Georic Lomas, en selfs die Coleske-baasbreine, Arnold Coleske en Brendon Hargroves. Die video, verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative, is opgeneem by die pragtige Tundavala Hunting Safaris in die Waterberge.

“Die instruksie was eenvoudig: ‘Doen wat julle sou doen op ’n lekker wegbreeknaweek vir manne’ – heeltemal unscripted,” verduidelik Ruhan. “Dit was bloot ’n paar pêlle wat die geleentheid gehad het om vir ’n dag of twee op ’n plaas te kuier.”

Kyk die musiekvideo hier:

Ruhan hoop dat “Ek Hou Van” by sy gehoor sal aanklank vind as ’n liedjie wat gesing, gebraai, gekamp en geniet kan word. “Ek het soveel groot, swaar en diep liedjies, dat hierdie bietjie ligter materiaal soos ’n vars bries voel – veral tydens vertonings.”

Met 2025 wat goed op dreef is, belowe Ruhan nog nuwe musiek en moontlik ’n paar opwindende samewerkings. “Ons sit nie stil nie,” sê hy geheimsinnig.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.