Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Appel en Robbie Wessels snoer kragte vir ‘Boereworsgordyn’

Redaksiespan28 Februarie 2025
FOTO: Skermgreep uit die musiekvideo
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Afrikaanse musiekliefhebbers kan regmaak vir ’n opwindende nuwe liedjie! Die veelsydige kunstenaars Appel en Robbie Wessels het hul kreatiewe talente saamgespan vir hul splinternuwe liedjie, “Boereworsgordyn”. Dié liedjie is geskryf deur Appel en Robbie self, met die gesoute Murray Lubbe wat die liedjie vervaardig het, terwyl Paulo Azevedo die stemwerk in die Coleske-ateljee behartig het.

“Die Boereworsgordyn is daardie denkbeeldige grens tussen Pretoria en Johannesburg – en spesifiek Centurion, wat dikwels as die skeidslyn tussen die twee stede gesien word. Ek en Robbie het besluit om ’n lekker lawwe, aksiebelaaide rugby-verhaal rondom hierdie idee te bou,” verduidelik Appel.

Robbie voeg by: “Verwoerdburgstad, soos Centurion eers genoem was, was jare terug deur sommige mense as die ‘Boereworsgordyn’ bekend. Ek is nie seker hoekom nie, maar vir my klink dit soos ’n beskrywing van ’n lekker klomp mense wat saam bly, saam kuier en saam rugby kyk.”

Volgens Appel is hierdie liedjie ’n viering van wie ons is as Afrikaanse mense—rugby, braai, lekker lag, en ’n goeie tyd hê saam met vriende en familie. “Ek hoop mense gaan mal wees oor hierdie liedjie—iets wat jy hard speel op ’n braai, in jou bakkie, of op pad na Loftus.”

Robbie voeg laggend by: “Ek het probeer om saam met Appel lekker skerp lirieke uit te dink. En natuurlik het ek ’n paar van my alombekende dansies ingewerk in die lirieke. Die lekkerste deel was om saam met Appel te skryf. Ek het besef hoe ongelooflike liriek- en melodie-skrywer hy is. Dit was ’n fees.”

Die musiekvideo, verfilm deur Conrad Theron van Atlas Media, neem kykers op ’n humoristiese en aksiebelaaide reis. Appel verduidelik: “Dit speel af tydens ’n spannende rugbywedstryd tussen die Boereworskartel en die Snoeke. Die Boereworskartel is in groot moeilikheid en loop agter op die telbord. Hul afrigter, Jacques Potgieter (oud-Springbok en tans afrigter van Centurion Rugbyklub), besef hulle het ’n kragtige inspuiting nodig om die span se gees aan te wakker. Hy bel toe vir my en Robbie—want ons het ’n geheime boereworsresep wat ’n span se gees binne sekondes kan omdraai.”

“Ons daag toe op, met ’n spesiale oproep en ons geheime wapen – die WORS SQUAD!” sê Appel opgewonde. “Ek is verskriklik trots om ’n paar Springbok-helde en Suid-Afrikaanse rugby-ikone in die video te hê: Willem “Die Yster” Alberts, Jannie du Plessis, Marcell Coetzee (kaptein van die Blou Bulle), JP en Ruan Smit (die bekende tweeling van Leeus-faam).”

“Hierdie manne bring krag, gees en aksie na die veld toe—en natuurlik ’n goeie klomp boerewors en harde houe,” lag Appel.

Appel sê die musiekvideo sou nie moontlik wees sonder hul borge nie. Mondanette Slaghuis het gesorg vir die beste boerewors in die land, Donkey Long Tong en Foute (Appel se eie drankreeks) het ook hul ondersteuning gebied.

“Ons het lanklaas ’n musiekvideo gesien met soveel aksie en humor in die Afrikaanse musiekbedryf. Ek en Robbie skryf stories met musiek, nes Jan Spies, PG du Plessis en Tolla van der Merwe dit met woorde kon doen. Dit is ’n liedjie, ’n storie en ’n fees in een—ek dink mense gaan dit vreeslik geniet,” sluit Appel af.

Kyk die musiekvideo hier:

https://youtu.be/td9F5as3A9s

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.