Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Francois Jacobs is terug met ’n liefdeslied wat hartsnare roer

Redaksiespan21 Februarie 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Francois Jacobs, die gewilde Afrikaanse sanger, is terug met sy vyfde enkelsnit, “Spotgoedkoop”, ’n vars en opwindende Afrikaanse popliedjie wat beloof om harte te verower en voete te laat jeuk. Hierdie treffende liedjie is geskryf deur die talentvolle Emil Paul en vervaardig deur die bekende Ferdinand Skead.

“Spotgoedkoop” is ’n liedjie wat handel oor die eenvoudige, maar kosbare aard van ware liefde. Jacobs verduidelik dat die inspirasie agter die liedjie spruit uit die ervaring van verhoudings waar daar ’n wanbalans is tussen gee en ontvang.

“Maar dan ontmoet jy iemand wat onvoorwaardelik alles gee, en dit voel asof dit jou niks kos nie. Dit is waar die titel ‘Spotgoedkoop’ vandaan kom,” sê Jacobs.

Die liedjie dra ’n sterk boodskap oor liefde wat maklik en vryvloeiend voel wanneer dit reg is. Die produksie van “Spotgoedkoop” bring ’n vars klank na die Afrikaanse musiektoneel. Met ’n aansteeklike ritme en ’n melodie wat maklik by luisteraars sal vassteek, beskryf Jacobs die liedjie as ’n perfekte balans tussen ’n vasdans-treffer en ’n romantiese serenade. “Dis heeltemal anders as my vorige liedjies. Ek glo my aanhangers gaan hierdie liedjie baie geniet en dit gaan beslis ’n gunsteling wees op hulle speellyste,” voeg hy by.

Jacobs se musiekloopbaan spog reeds met indrukwekkende prestasies. Van sy vorige enkelsnitte het drie die nommer een posisie op Bosveld Stereo se Afrikaanse Top 20 bereik, terwyl vier van sy liedjies op verskeie radiostasies se Top 10 en Top 20 ranglyste verskyn het.

“Dis ’n ongelooflike gevoel om by ’n vertoning te sing en te hoor hoe die gehoor elke woord van my liedjies saam met my sing,” vertel hy.

LEES OOK: Francois Jacobs terug met energieke enkelsnit: ‘Bruin Oë Kan Nie Jok Nie’

Hierdie jaar merk ook ’n groot mylpaal vir Jacobs, aangesien hy ’n samewerking met Vonk Musiek aangegaan het. “Hulle is ’n wonderlike span en ek is trots om deel van hulle te wees. Ek sien baie uit na die pad vorentoe,” sê hy met opgewondenheid.

Francois Jacobs beskryf homself as ’n hardwerkende en ekstrovert persoon wat daarvan hou om mense rondom hom te hê. “Ek is mal daaroor om mense te vermaak, of dit nou by ’n braai by my huis is of op die verhoog,” sê hy. Sy liefde vir musiek is diep gewortel en dateer terug na sy kinderdae. “Ek wou nog altyd sing vandat ek kan onthou. Dit voel nooit soos werk nie, want ek leef elke dag my passie uit.”

Met 15 jaar se professionele ondervinding in die musiekbedryf het Jacobs waardevolle lesse geleer. “Die belangrikste ding wat die musiekbedryf my geleer het, is dat tyd en plek alles is. Jy moet geduldig wees, want op die regte tyd en plek sal jy daardie JA kry,” verduidelik hy.

Francois Jacobs het groot planne vir die toekoms. “Ek wil hê mense moet uitsien na ’n jaar vol nuwe musiek en verrassings. Ek sal altyd my beste gee, of ek nou vir 5 of 10 000 mense sing,” belowe hy. Hy mik selfs na ’n moontlike Engelse liedjie in die nabye toekoms en beplan om die land plat te toer. “2025 gaan ons GROOT!”

Jacobs deel ook ’n persoonlike oorwinning: oor die afgelope vier maande het hy byna 30 kg verloor as deel van ’n gewigsverliesprogram. “Dis ’n reis waarop min mense weet ek was, maar dit het my soveel meer energie en selfvertroue gegee,” sê hy trots.

Met “Spotgoedkoop” bring Francois Jacobs nie net ’n nuwe treffer na sy aanhangers nie, maar ook ’n boodskap van liefde en hoop. “Liefde is altyd spotgoedkoop met die regte persoon aan jou sy,” sê hy, ’n sin wat perfek die kern van sy nuwe liedjie vasvang.

Aanhangers kan uitsien na ’n musiekjaar gevul met passie, energie en onmiskenbare talent van een van Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse popkunstenaars.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.